Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Windkrag
Eskom se planne om ’n windplaas by Koekenaap aan die Weskus op te rig om tot 200 MW se krag met wind op te wek, het pas die groen lig van die departement van omgewingsake gekry. Bouwerk kan glo reeds in November begin en behoort teen 2010 klaar te wees. Hoewel 200 MW nie genoeg is om ’n groot verskil aan Suid-Afrika se kragprobleme te maak nie, is dit belangrik dat die projek opgerig word. Dit is ook waar dat dit belangriker kan klink dat beskikbare geld eerder aangewend moet word om toe te sien dat Eskom se bestaande kragsentrales behoorlik werk en versien word. Dit is waarskynlik ook waar dat Eskom se planne om kernkrag-sentrales vir die mediumtermyn op te rig, dalk belangriker as 200 MW se windkrag is. Maar die toekoms lê waarskynlik in alternatiewe vorme van kragopwekking. ’n Alternatief tot steenkool is beslis nodig. Steenkool is goedkoop maar vuil, en as ons aardverhitting en klimaatsverandering wil versag of op die duur selfs wil stuit, sal ons weg van steenkool moet beweeg. Hoewel kernkrag beslis na deel van die oplossing lyk wanneer van steenkool weggestap word, het dít op die duur ook probleme, soos die berging van uitgediende, maar steeds baie gevaarlike brandstof-elemente. Daarteenoor is wind- en sonkrag skoon. As die instrumente eers daar is en skoon genoeg vervaardig kan word, is die krag skoon. Dit lyk of dit ingespan kan word sonder om die planeet skade aan te doen. Dit is belangrik dat Suid-Afrika ook eerste stappe in daardie rigting gee.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|