Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Woord onderweg: Geeskrag
“Vertel my hoe jy Pinksterdag sien sonder om al daai byvoeglike naamwoorde van dominees te gebruik,” vra ’n vriend. Ek probeer . . . Die vrees vir misdaad, die afkeer aan swak bestuur en die toestand in Zimbabwe werk in my soos ’n magneet. Dit trek my terug na die veiligheid van my eie mense se laer. Dit is ’n natuurlike ding om jou met jou eie mense te vereenselwig, verduidelik sosioloë. Mense met dieselfde belange, behoeftes, afkoms en kultuur vorm groepe vir oorlewing. Uit ons groep se ervaringe skep ons ons eie verstaan van hoe die werklikheid sou wees. Ons staan dit wat ons bedreig, teë. Deur ons ideologiese bril word die verkeerde wat ander doen, veralgemeen, maar die misdade en moord wat lede van my eie groep pleeg, word verskoon. ’n Muur van godsdiens grens ons af. Dit beskerm ons teen kritiek. Dit maak van ons grappies oor ander tot growwe tiperinge van hulle reg. Ons dink selfs God is eintlik maar net ons God. Teenoor hierdie sterk laer wat my menslike natuur aantrek, staan God se Heilige Gees. Die Gees het op Pinksterdag ’n nuwe lewensmoontlikheid gebring en ’n nuwe mensheid moontlik gemaak. Mense uit alle belange- en kultuurgroepe is hier welkom. Die taal van Pinkster is juis nie Babelse verwarring nie, maar vergifnis en versoening. In die kragveld van die Gees is daar nie ’n muur vir beskerming nie. Die nuwe mensheid is ’n oop beweging. Voortdurende hervorming is hier moontlik omdat die Gees ons bly herinner: God is soos Jesus ons kom wys het. God werk nie met ’n wet nie, maar met genade. Hy is gasvry teenoor almal. Hy het naby gekom sodat dit wat ons aan vreemdelinge en die minstes doen, ons eintlik aan hom doen. Ek besef daar sal altyd ’n stryd tussen die twee kragte wees. Al is my laer se aantrekking nou sterk, wil ek eerder in die Gees se kragveld wees. – Deur André van Niekerk
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|