Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Vinnige trein
May 11 2008 05:13:42:610PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Metrorail se nuwe treindiens, die Business Express, wat tussen Pretoria en Johannesburg bedryf sal word, is hopelik die voorloper tot ’n aangenamer reisomgewing vir Gautengers.

Die trein loop tans twee keer per dag: in die oggend van Pretoria na Johannesburg en dan smiddae weer terug. Dit is ’n luukse diens wat gerief en veiligheid beloof.

Koerante sal uitgedeel word en skootrekenaars kan ingeprop en gebruik word. Selfs internetverbindings is beskikbaar.

As die diens op dié standaard afskop en voortgesit kan word, sal ’n eerste hekkie oorgesteek wees op pad na ’n beter toekoms vir pendelaars.

Die tweede, ewe belangrike hekkie kan egter moeiliker wees om oor te steek, naamlik reis-geriewe nadat pendelaars by die onderskeie stasies aangekom het.

Veilige parkering aan die een kant is ’n belangrike deel van so ’n diens, maar so ook veilige en vinnige bus- of taxivervoer van die stasie aan die ander kant na die finale bestemming.

Die plan is om bus- en taxidienste by die inisiatief (en die prys van die kaartjie) in te sluit.

Bus- en taxidienste in albei stede gaan egter op die oomblik moontlik nie goed genoeg wees nie. Dit is in die algemeen óf nie veilig en gerieflik nie óf nie betroubaar en gereeld genoeg nie.

Dit is dus noodsaaklik dat die projekte vir vinnige, meer gereelde en betroubare busdienste waaraan tans in Gauteng gewerk word, voltooi en by die stelsel ingeskakel word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |