Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Misdaad en 2010
’n Versameling internasionale en plaaslike joernaliste het pas by ’n toerismeberaad in Durban gehoor alle voorbereidings vir 2010 se Wêreldbeker-sokkertoernooi verloop volgens plan en dat onder meer misdaad nie ’n probleem gaan wees nie. Hotelverblyf, pendel na en van stadions en wedstryde in die stadions kan sekerlik in 2010 veilig gemaak word vir buitelandse besoekers. Maar dit is ook ’n feit dat Suid-Afrika ’n tierende misdaadprobleem het. Die meeste Suid-Afrikaners is te bang om dit saans vrylik op straat te waag, het die Instituut vir Sekerheidstudies pas bevind. In 2010 gaan ons land se goeie naam op die spel wees. Die toernooi moet buitelanders oortuig om terug te kom op besoeke. Die plaaslike reëlingskomitee het ’n groot verantwoordelikheid in dié verband. ’n Mens hoop die werklikheid van ons misdaadprobleem word nie teenoor buitelanders ontken nie. ’n Oplossing lê eerder in eerlikheid.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|