Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Krag-geheime
Gevaarlike retoriek, is die eerste reaksie op die “voorstel” van die ANC-geleide alliansie dat kraglewering aan aluminiumsmelters hersien moet word. Maar gestel ’n mens delf dieper: Die twee aluminiumsmelters van BHP Billiton, naamlik Hillside op Richardsbaai en Mozal by Maputo, is verreweg Eskom se twee grootste kliënte. Die twee aanlegte saam verbruik sowat 2 200 MW wanneer hulle volstoom loop. Die Koeberg-kernkragsentrale kan byvoorbeeld hoogstens 2 100 MW lewer. Kortom, dit sal ’n vinnige einde aan die land se elektrisiteitsprobleme maak indien die smelters afgeskakel word. Die prys waarteen elektrisiteit aan dié smelters gelewer word, is ’n geheim sedert die opening van Hillside in 1994. Al wat Eskom daaroor wou sê, is dat dit aan die prys van alumi?nium op die Londense metaalbeurs gekoppel is. Die aluminiumprys het drasties gestyg sedert 1994, maar die winste wys nie in Eskom se state nie. Dit laat vrae ontstaan: Waarom maak Eskom geen sigbare wins uit die smelters nie? Subsidieer Eskom die smelters? Terwyl die land kreun onder elektrisiteitstekorte, en tariefverhogings van 60% van gewone verbruikers gevra word? Die smelters is gebou toe Eskom surplus-krag gehad het. Omstandighede het nou heeltemal verander. Suid-Afrikaners wil weet hoeveel BHP Billiton vir sy Eskom-krag betaal. Die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) sê ons is daarop geregtig.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|