Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Kinders in die hof
May 13 2008 06:39:51:230PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die howe is vir die meeste volwassenes intimiderend. ’n Mens kan jou indink hoeveel erger jong kinders dit beleef.

Die uitspraak van regter Eberhard Bertelsmann in die hooggeregshof in Pretoria waarin verskeie bepalings in verband met die beskerming van kindergetuies (veral in seksverwante sake) ongrondwetlik verklaar is, is dus een van die positiefste stappe tot nog toe om kinderregte te beskerm en te bevorder.

Dit is veral verblydend dat hy kritiek uitgespreek het op die argaïese taalgebruik in die howe wat nie net uitgedien is nie, maar boonop volwassenes én kinders totaal verwar.

Solank die persepsie by kinders bestaan dat ’n hof ’n plek is waarvoor hulle bang moet wees en dat die moontlikheid selfs bestaan dat hulle hul aanvaller(s) van aangesig tot aangesig sal moet sien, kan die strafregpleging nie 100% suksesvol wees in sake waarin kinders getuig nie. Bertelsmann se bevele behoort onmiddellik uitgevoer te word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |