Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ramp dreig
Die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing,’n omgewingsgroep, het pas ’n verslag oor die omgewing in Gauteng openbaar gemaak wat die nasionale regering tot aksie behoort aan te spoor. Die verslag is deur die groep African Environmental Development vir die myngroep Harmony Gold en in opdrag van die regering opgestel. Daarin word gewaarsku dat mynboubedrywighede die afgelope 120 jaar fundamentele skade aangerig het. Ondergrondse water het oor die jare weens mynbou ’n gevaarlike suurinhoud ontwikkel en onlangs op die oppervlak begin uitborrel. Sinkgate kan ook op groot skaal in die omgewing voorkom. Woonbuurte, paaie en nasionale erfenisse soos die Sterkfonteingrotte kan in gevaar wees. Dit kan ’n ramp word wat die land se ekonomiese hart bedreig. Dis onwaarskynlik dat die myne wat die skade veroorsaak het – as hulle nog bestaan – in staat gaan wees om die skade te kan herstel. Dit is duidelik verskeie staatsdepartemente word hierdeur geraak. ’n Inisiatief van die nasionale regering waarin al die betrokke departemente se kragte saamgesnoer word, is duidelik nodig: eerstens om vas te stel wat presies die skade en bedreiging is, en tweedens om stappe te doen om die dreigende ramp te verhinder. Die publiek sal deurentyd op die hoogte gehou móét word. Per slot van sake is lewens op die spel.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|