Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Xenofobie
Die geweld wat in Alexandra naby Johannesburg teen vreemdelinge uitgebreek het, verdien om sonder voorbehoud veroordeel te word – soos die land se leiers inderdaad gedoen het. Maar dit sal hulle ook baat om behoorlik te dink oor waar die verskynsel vandaan kom. Alexandra is ’n arm woonbuurt waar ruimte min is en armoede en werkloosheid volop. Die inwoners is kwaad. En nog kwater omdat beloftes van ’n beter lewe wat in 1994 gedoen is, nie waar geword het nie. Die leegheid van dié beloftes word boonop vandag onderstreep deur chroniese swak dienslewering. Dit is amper logies dat geweld die een of ander tyd sal uitbreek as ewe arm en werksoekende vreemdelinge ook daar gaan bly – waar daar skaars genoeg plek vir Suid-Afrikaners is. En hierin is dalk ’n aanduiding dat die regering op ander plekke as net Alexandra ook moet soek vir die oorsake van die geweld – en spesifiek ook by ons land se grense. Die ouditeur-generaal het onlangs bevind grensbewaking en -beveiliging het in so ’n mate in duie gestort dat armes van elders amper ongehinderd onwettig oor die grense kan stroom. As toegang tot Suid-Afrika beter beheer kan word en binnelandse sake mense van elders volgens ’n plan en visie kan toelaat, sal hulle nie onbepland in kookpotte van onvergenoegdheid soos Alexandra gaan bly nie. Die Suid-Afrikaanse regering dra vanweë sy swak administrasie op verskeie fronte deels skuld aan die skande in Alexandra.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|