Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tragedie
Dit lyk asof die Tshwane-metroraad ten minste ten dele onregstreekse skuld moet dra aan die tragiese gebeure in Pretoria eergister toe vyf mense gesterf het nadat ’n woonstelgebou aan die brand geslaan het. Die reeks gebeure spruit uit uitsettingsbevele aan inwoners wat glo nie hul huur betaal nie en die daaropvolgende weerstand deur hulle. Van die inwoners sê die woonstelgeboue, wat deur die metroraad verhuur word, is lank nie behoorlik onderhou nie en dienslewering was swak of afwesig; so hulle wil nie betaal nie. Aan die ander kant moet die raad natuurlik sy huurgeld in. Maar gesonde verstand sê as die eenhede deurgaans goed onderhou is en moeite gedoen is om huurgeld in te vorder sou ’n situasie moontlik nie ontstaan het dat mense uit ’n reeds chaotiese omgewing (die geboue het ’n geskiedenis van swak onderhoud) met geweld verwyder moes word nie. Daar is lesse hierin wat geleer móét word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|