Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Blouwillemaandag: Lus vir kantoor ná harde naweek-werk
Ek is nou so moeg langnaweek gehou dat ek omtrent ’n tiendag-werkweek nodig gaan hê om weer uit te rus. Ek is doodseker die meeste van ons land se manne werk baie harder by die huis as by die werk en kan nie wag om vanoggend by die kantoor te kom om rustig te kan gaan sit met ’n juffietjie wat vir hulle ’n ou teetjie aandra nie. “En wat het Meneer als die naweek gedoen?” En dan vertel hy vir die grootoog-poppie hy het tiervis in die Okavango-delta gaan vang, want hy’s te skaam om te sê hy moes die hele naweek pakkamer regpak en uitverf. En dan is daar nog die ouens wat nie vanoggend op kantoor sal wees nie, want hulle moes terugkom huis toe met Nation Slide. Daai ouens sit nog op ’n skaaplorrie tussen Richmond en Drie Susters en sal eers so teen vanaand se kant hier in die noorde wees. Ja mense, met ons vliegtuie op die grond, kilometers se treinspore wat op ’n slag gesteel word en ons paaie vol gaaie, weet ek nie hoe ons in die jare wat kom oor die weg gaan kom nie. Ten minste het ons darem nuwe duikbote. Oom Johnny is natuurlik erg in sy noppies oor die Bulle se herlewing die laaste twee wedstryde en neurie die hele dag so saggies deur sy baard die “Bloubul-lied”. Die een oomblik was hulle op pad slagpale toe, en nou lyk hulle mos weer pure bul met blink juwele. “Ek dink dis oor daar nou nie net een Ougat op die veld is nie, maar sommer twee. Dink net hoe baie hulle nou ‘Liefling’ sal moet speel! En manne, ek sê julle, as ou Bakkies só speel as hy wil weggaan, kan jy jou indink hoe rof hy sou wees as hy vir die Bulle wó? speel. “Ek sê julle, ek raak bang as ek net daaraan dink! Hulle behoort die Super-14 oor ’n dubbel-ronde te gespeel het, dan het ons hom maklik weer gevat,” reken hy sonder om eers so ’n rosigheidjie op sy wange te kry . “Gelukkig vir julle kom Matfield ook mos een van die dae terug daar van Frankryk af, want soos julle spul Bloubul?ondersteuners weggeloop het, sou daar een van die dae net twee slotte by Loftus oorgewees het: die een op die oostelike hek en die ander een op die westelike hek,” laat hoor Dik Daan so van die kant af. Ons ou maters mis maar vir ou Groot Paul, veral as iets snaaks gebeur en ons wonder wat hy daarvan sou gesê het. Hy het altyd gesê die werklikheid is baie snaakser as selfs die beste grap. En in die week wat ou Steve Hofmaker daai koerantmannetjie so liefderyk aan sy nek getroetel het, is die koerante vol van, laat ons maar sê “prikkelende” opskrifte, en toe wonder ons wat ou Paul oor die volgende opskrifte te sê sou gehad het: “Nationwide staak vlugte”. (Paul: “Passasiers verkies rederye waar die vliegtuie se enjins nie op die aanloopbaan lê as hulle klaar opgestyg het nie”), “Voëlmis word nou vir velversorging gebruik” (Paul: “Ek dink dié slag het hulle dit rêrig mis”), “Australië benodig meer sekswerkers” ( Paul: G’n wonder nie, watter prostituut met enige selfrespek sou Aussie-mans vir kliënte wou hê, vra ek jou?”), “Ryk Skot in SA behandel vir seksverslawing” (Paul: “ My genade, hoekom dan na die plek kom met die mooiste vroue op aarde?!”).
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|