Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Godsdiens-aktueel: Maestro maak genade-musiek
    May 04 2008 05:27:11:817PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Stephan Joubert

    Teen ’n asblik het hy daar in die L’Enfant Plaza-treinstasie in Washington, DC, op 12 April 2007 gestaan – die outjie met die T-hemp, jeans en hoedjie.

    Vir 45 minute lank in die oggend-spitstyd het hy sy viool gespeel terwyl 1 097 mense by hom verbygestap het.

    Die violis het afgeskop met ’n stuk van Johann Sebastian Bach. ’n Middeljarige man het vir ’n oomblik omgekyk, maar dadelik verder gestap. Terwyl stukke soos Franz Schubert se Ave Maria in die treinstasie weerklink het, het altesame 27 mense sowat $32 in sy vioolkis gegooi.

    Die ironie is dat hierdie einste musikus ’n wêreldberoemde violis is, een van die grootmeesters van ons tyd! Sy naam: Joshua Bell.

    Verlede jaar het hy die Avery Fisher-prys ontvang as die beste klassieke musikant in die VSA. Hoe ironies dat iemand wat aand ná aand voor vol sale betower met sy $3,5 miljoen- Antonio Stradivari-viool, misgekyk is omdat hy heeltemal “uit plek” was.

    Joshua Bell se ervaring in daardie moltreinstasie herinner my aan Jesus se aardse optrede. Sy bediening was ook soos ’n viooluitvoering van die heel beste musiek op ons strate en markpleine.

    Tog het baie mense ongestoord by Jesus verbygestap. En party van hulle het Hom later hoogs geïrriteerd stilgemaak … op ’n brutale wyse daar by Golgota!

    Die rede? Wel, Jesus het heeltemal anders gelyk, geklink en gepraat as wat mense die Gestuurde van God voorgestel het.

    Net mooi alles aan Jesus, van sy geboorteplek in ’n voerbak vir diere; sy onbenullige grootwordplek (Nasaret); sy volgelinge wat bestaan het uit sondaars, nie-Jode, vroue, en tollenaars; daardie veragtelike heuwel waar Hy gesterf het (Golgota), tot by sy opstanding uit die dood, druis in teen die grein van ’n veilige, gerieflike godsdiens.

    So onherkenbaar was sy “genademusiek” vir die magsgroeperings van sy dag dat die hoëpriester van die Jode selfs sy eie klere in verontwaardiging geskeur het toe Jesus kort voor sy kruisiging aan hom bevestig het dat Hy die Messias is!

    Nie eens die kerk van latere eeue het kans gesien vir ’n nederige Messias in slaweklere wat ’n vriend van die sondaars en die laagstes onder die laagstes is nie. Daarom dat vele imposante kunswerke Jesus se ware aard deur die eeue heen vroom toegeverf het met koningsklere en allerhande glinsterende stralekranse om sy kop!

    Dit was vir hulle net te erg om ’n slawe-Koning uit te beeld te midde van stukkende en verlore mense. ’n Koninklike Jesus, omring deur engele, magtiges en heiliges was vir die magtige kerklike masjinerie en hul kunstenaars veel meer aanvaarbaar as ’n Jesus op die stormwaters van die lewe tussen uitgeworpenes en drenkelinge.

    Terug na L’Enfant Plaza: op 12 Januarie 2007 het twee persone wel Joshua Bell se musikale genialiteit herken. Die eerste persoon was John Picarello. Toe hy die musiek van Bell hoor, het hy vir nege minute gaan stilstaan en luister.

    Later het ’n joernalis hom gevra of hy daardie oggend iets buitengewoons beleef het op pad na sy werk toe. Toe antwoord Picarello dat hy een of ander geniale violis by L’Enfant Plaza hoor speel het.

    “Baie ander musikante speel ook daar,” het die joernalis opgemerk. “Ja, maar nie soos hierdie ou nie. Hy was absoluut briljant en hy het ook ’n baie goeie viool,” het Picarello geantwoord.

    Stacey Furukawa het Joshua Bell wel herken. Sy het teen die einde van die uitvoering in die stasie ingestap en oorbluf gestaan en luister na hierdie maestro. Sy kon haar oë nie glo dat mense Bell blatant ignoreeer en dat sommiges selfs die vermetelheid het om muntstukke na hom te gooi nie.

    Later het sy oorbluf aan ’n verslaggewer van The Washington Post gesê: “What kind of a city do I live in that this could happen?”

    Vandag herken ’n klein groep verbygangers steeds die hemelse Violis wat aangrypende genademusiek op ons strate speel. Dan gaan staan hulle in verwondering voor Hom en sê met verbystering: “Ek het die Here gesien!”

    Vir hulle sal die lewe nooit weer dieselfde wees nie, want Jesus se musiek het hul lewens vir altyd getransformeer.

    Is jy dalk een van hulle? Maak ’n slag oop jou ore en luister. Maak oop jou oë en kyk. Jy gaan die hemelse Maestro op die mees onwaarskynlike plekke raakloop!

  • Stephan Joubert is buiten?gewone professor in Nuwe Testament by Tuks.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |