Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Godsdiens-aktueel: Hoekom wil ons nie reguit praat?
May 11 2008 05:13:41:970PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Elsje Büchner

Dit staan elke dag so netjies in die koerant: “Sê as ons fouteer.”

Dan volg die uitnodiging dat lesers iemand kan bel as hulle meen dat die feite in ’n bepaalde berig nie korrek is nie.

Baie dae kry mens dan ’n blokkie met die nodige regstellings. Die blokkie met die regstellings is klein, maar hy is darem daar op bl. 2.

Daar is ten minste ’n werkbare kanaal en dit wil voorkom asof lesers daarvan gebruik maak. Hierdeur maak die koerant seker dat die leser se belange beskerm word.

Hierdie twee blokkies in die koerant het my laat dink aan drie teksverse in Matteus 18 oor ?iemand wat ’n fout maak. Want anders as met die uitnodiging in die koerant, maak gelowiges nie graag gebruik van God se raad oor ander mense se foute nie.

Ons volg alte graag eerder ons eie koppe. En dit het God se koninkryk en die kerk al onherstelbare skade berokken.

Dit veroorsaak ook dat baie mense in die proses verskriklik seerkry.

Hulle beland nie op die koerant se voorblad omdat hulle in ’n hospitaalbed lê nie; hul wonde lê waar niemand dit kan sien nie.

Jy sien net die pynlyne op hul gesigte.

Ons maak foute. Almal. Ja, gelowiges ook. Gelowiges is allermins volmaak.

Maar soos die koerantblokkie en Matteus 18:15 sê, as mense fouteer, moenie agteraf praat en mor oor hulle nie, gaan praat met hulle! ’n Agteraf geskinder gaan nie die probleem oplos nie.

Om die een of ander rede het mense die moed om mense in detail agter hul rug te bespreek, maar nie die moed van hul oortuiging om hulle in die oë te kyk en dieselfde dinge met besorgdheid vir hulle te sê nie. Hoekom nie?

Ons sal eerstens moet leer om mekaar eerlik in die oë te kyk en die saak op ’n belangevlak op te los.

Op ’n belangevlak kan mense nog openhartig met mekaar praat. Sodra mense probleme nie meer op hierdie vlak wil of kan hanteer nie, begin die probleem na ’n juridiese of wetlike vlak beweeg.

Dan begin daar ander spelreëls geld. Ons kan mekaar dan nie meer so lekker in die oë kyk nie, fyntrap rondom die wette begin nou die werkwoord word.

Die volgende vlak is die uitoefening van mag – nie ’n goeie plek om verskille mee op te los nie.

Die hoorder van kritiek sal tweedens moet leer om liefdevolle en opbouende kritiek te hanteer.

Die woord kritiek dra ongelukkig negatiewe bagasie. So word dit as ’n afkeurende uiting en ’n opsomming van gebreke verklaar en woorde soos afbrekend, betwis, verwerp, teenstaan, aanval, konfronteer, vernietigend en die rug draai op, rond die prentjie af.

Selfs die Bybel gebruik dié woord in ’n negatiewe konteks soos wanneer Paulus kritiek teenoor aanmoediging stel (2 Kor. 6:8).

Kritiek sê iets oor die belewing van die kritikus én oor die gedrag van die persoon(e) wat gekritiseer word.

Om net aan die moontlikheid te dink dat jy gekritiseer kan word, laat geen mens onaangeraak nie.

Lê die fout egter in die woord of ons hantering daarvan?

Die woord sal net sy negatiewe bagasie kan aflaai as ons leer om konstruktief kritiek te lewer en anders daarop te reageer.

Om met ’n haelgeweer te skiet en te hoop jy tref die probleem veroorsaak ’n klomp onnodige wonde.

Om net op die kantlyn te sit en skreeu maak jou stem hees en later onhoorbaar.

Takel jy die persoon op ’n harde manier beland die eintlike saak op die grond.

En om aan die ontvangkant te staan?

Skiet jy terug, word die geveg bloediger. Hou jy jou doof, skreeu die kritikus uit frustrasie net al hoe harder.

Ondersoek dus jou motief eerlik voordat jy kritiek lewer.

As jy die ander persoon wil laat slaag of help, sal jou aanslag, jou woorde en gebare anders wees as wanneer jy iemand wil bykom omdat jy te na gekom voel oor ’n saak.

Kom ons kyk watter verskil dit ’n slag in die kerk gaan maak as ons God se uitnodiging in die blokkie van Matteus 18 gaan begin volg en met mekaar gaan begin praat as ons fouteer in plaas daarvan om oor en van mekaar te praat!

  • Dr. Elsje Büchner is leraar van die NG gemeente Lux Mundi.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |