Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Blouwillemaandag: Gaan pres. Thabo by buurtwag aansluit?
May 11 2008 05:45:44:027PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Blou Willem

Ek sit die naweek daar by die kerkbasaar en pannekoeke rol en ná so ’n paar honderd dog ek so by my sellers: daar’s eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by ’n basaar en kinders grootmaak (dis die tipe intellektuele onderwerp wat by ’n basaartafel bespreek word).

Nes met kinders grootmaak kan jy dit nie alleen doen nie, word die deeg vrot as jy dit laat oud word sonder om aandag daaraan te gee en begin als weer van voor af daai oomblik dat jy dink jy’s nou klaar.

Die een groot verskil is net dat met kinders, anders as met pannekoeke, jy nie die floppies kan weggooi en oorbegin nie.

Aan die ander kant: as hy pragtig uit daai pan kom, is dit ’n “bargain”!

Ja, en daar kom die diewens toe sowaar en steel duisende rande se aluminiumdraad van onse President Thabo se blyplek, Mahlamba Ndlopfu, se dak af. Sommer so terwyl Rome brand en onse grootbaas snoesig lê en slaap, verbeel jou!

Blykbaar het iemand darem die polisie gebel, maar dié het te veel gesukkel met die spelling en toe in Limpopo gaan soek na die adres. Neef Bartel reken onse Prez moet nou maar eerder soos ons ander piepols by die buurtwag aansluit as hy die Skerpspioene wil toemaak, anders gaan daar nog baie van sy goedjies wegraak.

Ten minste het hy darem nog nie koperdraad-, selfoon-, motor-, skaap- of “laptop”- diefstal beleef nie. Hoe op die liewe aarde sal hy in elk geval regkom sonder sy “laptop”?! Die hele land se administrasie sal onmiddellik tot stilstand kom.

Oom Johnny reken die fout lê nie by daai miljoene rande se heining wat hulle aan die bou is vir die plek nie.

Nee, hulle moes eerder belê het in ’n hek en in goeie manne by die hek. Hy sê hy weet nie of die storie waar is van die heining nie, maar hy hoor daar was nou een dag ’n gat daarin en die betrokke departement moes toe kwotasies kry vir die regmaak. Die eerste ou van Boksburg kwoteer toe R100 000 (R50 000 vir materiaal, R40 000 vir arbeid en R10 000 wins). ’n Tweede ou van Bela-Bela kwoteer R130 000 (sy wins is R40 000). En toe kom die laaste ou, roep die amptenaar eenkant en fluister in sy oor: “ ‘n Halfmiljoen vir die ou joppie: R200 000 vir my, R200 000 vir jou en dan kry ons daai ou van Boksburg om die job te kom doen.”

Wie toe die kontrak gekry het? Nee, Oom Johnny sê hy weet nie, maar hy sal probeer uitvind.

Dik Daan wys vir ons Vrydagoggend toe ons sit en koffie drink die voorbladfoto van die Umfolozi-olifant wat sy slurp so liefderyk oor daai klein blou karretjie se dak laat hang.

“Ek sê vir julle, as julle gedink het ou Steve het dikdermprobleme, moes julle my in daai karretjie gesien het! En die ergste is dat jy niks kan doen nie. As daai ou bielie daar op jou kar kom leun, moet jy maar maak soos met Mugabe: wag tot hy eendag vanself weggaan. Al troos is, anders as met ’n mechanic of Mugabe, neuk ’n olifant jou kar darem net een keer op.”

En so as ’n nagedagte wonder Daan toe verder oor ou ?Steve: “ Kan jy glo dat hy so kwaad geword het vir daai koerantknaap dat hy ’n gat in sy dikderm gebrand het! En dink julle so ’n dikdermoperasie gaan sy stem verander? Dalk ’n hoër of ’n holler klank?

“Ons sal maar moet wag en luister.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |