Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Beeld-deurloop: Groot, wit dood van die skoon bladsy
May 12 2008 10:03:35:313PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jo Prins

Ek is dikwels huiwerig om te skryf.

Die groot, wit landskap van die skoon bladsy het die manier om dinge wat ek eintlik eerder nie wil onthou nie, weer voor my te laat opdoem.

Dis hoekom ek – wanneer ek reg maak om te skryf – eers seker maak dat verskeie sagte 2B-potlode skerp gemaak is en regstaan voor my.

Ek gebruik selde dié groen Faber-Castell-potlode vir notas, maar dis gerusstellend om ’n stukkie boom – iets aards – naby my te hê.

As dit aand is, moet daar ten minste nog ’n bietjie whisky in die kas wees én ys – anders sal ek eers môre-aand weer daaraan kan begin dink om te skryf.

Ek moet my ou gunsteling-jeans aanhê en die vertrek moet stil wees – TV-klanke of musiek êrens gaan nie werk nie.

Wanneer ’n buurman se tuinhekkie ongeolie oop en toe gaan, sal ek moet opstaan om nog koffie te gaan maak.

Dan sal ek ingedagte langs die jonkmanskas verbyloop.

Terug in die skryfkamer sal ek ontwykend voor die wit bladsy verby beweeg na die boekerak waar ou vriende my reeds vroeër ure uit die werk gehou het.

Blaai-blaai sal ek in die rystoel weer begin lees aan ’n Kundera of selfs ’n Pratchett terwyl die rekenaar se screensaver meer vir m? red.

As ek uiteindelik – so half skoorsoekend – terugkeer na die lessenaar, het ek ’n stuk dryfhout van Elandsbaai in die hand om my te help.

En dan sal ek my verbeel ek is reg . . .

En dan voel-voel ek aan die dryfhout en ek dink aan die Weskus en ’n kreef swem deur my kop.

Die krewe klik-klik-klik.

Dis ’n vreemde wêreld onder die water.

Deur jou duikbril is sig een sintuig waarop jy baie staatmaak, maar vreemd genoeg so ook gehoor.

Jou oortrom tel die fynste trilling ver in die water op en jy’s nie altyd seker of dit wat jy hoor, hier voor jou oë is of daar ver nie.

Klein bamboeshaaitjies swem nuuskierig saam met jou en loer elke nou en dan met vlesige diamant-oë in jou rigting.

Wanneer jy per ongeluk ’n kreef se poot afbreek soos jy hom uit ’n gat probeer loswikkel, is daar ’n behoorlike stofwolk soos ’n haaitjie en sy maat die aas probeer opraap.

Hulle is skelms, dié outjies – maar hulle word jou vriende en bondgenote.

Verdwyn hulle skielik, is dit dalk omdat daar ’n groter,veraf familielid in die omgewing is wat kom kyk het hoekom dié mens – wat verbasend baie soos ’n rob lyk – in die water is.

En dan is dit ’n kat-en-muis-speletjie waar jy al te goed weet j? is nie die kat nie.

Eers verdwyn die diamant-ogies skielik.

Dán moet jy besluit: Bly jy in die veilige woud waar bamboesvroue se nekke soepel heen en weer in die water wieg, of swem jy deur ’n seestraat waar jy ver om jou kan sien, maar waar j? ook van ver af gesien kan word?

Tussen die bamboese sal jy net ’n gedruis hoor en dan is dit te laat.

En dan is dit die beste ding om die dryfhout neer te sit.

En te wonder waarom dit in die vorm van ’n vraagteken is toe jy dit daar op ou Pagel se graf bo die Vloorvlei opgetel het.

En om môre weer te skryf . . .


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |