Verveeld? Probeer Beeld-speletjies
Oorlogskip, kleiduif-skiet, Tetris, Sudoku en meer...
Beeld
Sexy nuwe Lara
Alison Carroll vlieg die wêreld vol om bemarking te doen vir die speletjie "Tomb Raider: Underworld". Kyk na die video
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Fotokompetisie-reëls
Dec 05 2006 04:02:58:423PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Foto’s wat vir dié kompetisie ingeskryf word, mag nie voorheen gepubliseer wees nie.

Enige direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van Beeld (of van die agentskappe wat by hierdie promosie betrokke is) of ’n eggenoot, lewensmaat, ouer (aangeneem en aangetroud ingesluit), broers of susters (aangeneem ingesluit) of enige sakevennoot of assosiaat van ’n persoon wat hierbo genoem is, mag nie deelneem nie.

Beeld aanvaar nie verantwoordelikheid vir enige borge wat nie hul verpligtinge nakom nie.

Foto’s word daagliks deur ’n Beeld-paneel beoordeel.

Slegs e-pos-inskrywings word aanvaar by oog@beeld.com.

Daar is twee kategorieë, natuur en vakansie.

Deelnemers mag vyf foto’s per kategorie inskryf, maar mag slegs een foto per e-pos aanheg.

Foto’s mag nie digitaal gemanipuleer wees nie.

Deelnemers en/of lesers moet hulself bepaal by die volgende sperdatums: - Instuur van foto’s vanaf 4 Desember 2006 tot 19 Januarie 2007. Voorkeur sal gegee word aan foto’s wat van 4 Desember af geneem is.

’n Beoordelingspaneel van Beeld sal die finaliste in elke kategorie aanwys. Lesers sal van 24 Januarie tot 26 Januarie om 13h00 vir die beste foto’s stem.

Alle inskrywings word die eiendom van Beeld, Canon en Rhino Linings. Dit sal in ’n databank vasgelê word en Beeld en die borge mag die deelnemers se name en adresse vir toekomstige promosie-, bemarking- en publisiteitsdoeleindes gebruik. Deur in te skryf, stem die deelnemer toe daartoe en onderneem die deelnemer om ’n skriftelike versoek van Beeld in hierdie verband op aanvraag te onderteken.

Die promotor is Beeld, Canon en Rhino Linings. Indien vereis deur wetgewing of veranderinge in wetgewing sal Beeld, Canon en Rhino Linings die reg hê om hierdie promosie onmiddellik en sonder kennisgewing te staak. In die geval van sodanige beëindiging, stem alle deelnemers in om afstand te doen van enige regte wat hulle het kragtens hierdie promosie en gee hulle toe dat hulle geen regseis teen Beeld, Canon of Rhino Linings, sy agente en promotors sal hê nie.

Alle deelnemers doen hiermee afstand ten gunste van Beeld, Canon en Rhino Linings van enige eise in verband met enige skade en of koste wat die deelnemer mag hê, ly of opdoen deur die deelname aan die kompetisie en/of benutting van sodanige pryse. Alle deelnemers vrywaar Beeld, Canon en Rhino Linings teen enige skade wat enigeen van hulle mag ly en wat veroorsaak word deur sodanige deelneming.

Die beslissing van die redakteur van Beeld oor enige geskil in verband met die kompetisie en die pryse is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.

Beeld se beoordelingspaneel hou hulle die reg voor om ’n foto na ’n ander kategorie as waarvoor ingeskryf is, oor te plaas.

ëls en voorwaardes soos wat tussen Beeld, Canon, Rhino Linings en die deelnemer geld.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |