Raad vir die vraat
Beheervraat? Lees die volgende definisies en besluit self.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Latyns-Amerikaanse juwele op rolprentfees
Oct 06 2006 09:37:10:770AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Die derde Latyns-Amerikaanse en Karibiese rolprentfees begin vandag by Cinema Nouveau in die Rosebank Mall in Johannesburg.

Tien rolprente van lande soos Argentinië, Brasilië, Kuba en Trinidad en Tobago word vertoon.

Die Uruguaanse fliek Seawards journey is die verhaal van vyf dorpenaars wat nog nooit die see gesien het nie. Hulle pak die reis na die kus aan in ’n vragmotor wat al beter dae gesien het. Dié fliek is onder meer met die Goya-toekenning vir beste Spaanstalige prent bekroon.

Bekroonde prente wat vertoon word, sluit die Brasiliaanse fliek God is Brazilian in.

Eersgenoemde vertel die verhaal van Taoca, ’n visserman wat deur God genader word. God is op soek na ’n heilige om waar te neem wanneer Hy ’n blaaskans neem en Taoca moet help. Maar die visserman sien dit as ’n geleentheid om sy eie probleme op te los.

Paper dove is ’n fliek oor die gevolge van die terroriste-geweld in Peru, gesien deur die oë van ’n jong seun. Dis ’n verhaal van weeskinders wat óf ontwortel is deur die geweld, óf deur terroriste-organisasies gewerf is.

  • Die flieks word om 17:30 en 20:15 vertoon. Toegang is gratis.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |