Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Paella van Spaanse flieks in Brooklyn
’n Fees van Spaanse rolprente begin vandag by Cinema Nouveau in die Brooklyn Mall in Pretoria. Die fees skuif volgende week na Cinema Nouveau in die Rosebank Mall in Johannesburg. Die Spaanse ambassade sê in ’n verklaring Spanje is deesdae een van Europa se toonaangewende rolprentlande danksy die sukses van regisseurs soos Pedro Almodovar (All about my mother en die komende Volver) en Alejandro Amenabar (The sea inside). Volgens die ambassade bied die fees ’n geleentheid om ’n versameling unieke flieks oor aktuele kwessies in Spanje te ontdek. Rolprente wat vertoon word, sluit die riller Box 507 in. Dit handel oor ’n bankbestuurder wat op skokkende geheime van sy dooie dogter afkom ná ’n bankroof. In City of no limits reis ’n Spaanse man na Parys waar die strydende familie om sy pa se sterfbed saamgetrek is, en in die komedie Football days besluit ’n groepie ontnugterde mans om weer hul kindersokkerspan byeen te kry.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|