Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Asem opgehou vir 2006 Vonkpryse
Daar word met spanning in die Afrikaanse musiekbedryf gewag op 30 Oktober – dié dag waarop Vonk se 2006 Oskar Musiektoekennings toegeken word vir albums wat in 2005 uitgereik is. Met Kurt Darren, Nicholis Louw en Chris Chameleon in die mengelslaai, moet die beoordelaars behoorlik kopkrap om wenners te kies, veral vanweë die hoë gehalte en die hoeveelheid inskrywings in elke kategorie. Liaan Opperman, Vonk se ouditeur, het bevestig dat die topdrie benoemdes in elke kategorie aan mekaar se hakke geknaag het. “Die puntetellings tussen die topdrie benoemdes verskil baie min en niemand kan te seker van hulle saak wees nie,” sê sy. Die wenners sal met glans en glorie aangekondig word in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace op 30 Oktober om 18:00. Paul Buckby van Egoli-faam en Therese Benade van Kwêla sal as aanbieders optree. Sterre soos Dozi, die Soweto String Quartet en Nadine sal ook daar wees om die pryse te help weggee. Lede van die publiek is welkom om die geleentheid by te woon. Die drag is formeel. Bespreek by 0 011 397 8006. Die topdrie benoemdes in die verskillende kategorieë is soos volg: Liedjie van die jaar Chris Chameleon (Die onverkrygbare), Kurt Darren (Vat my, maak my joune), Lize Beekman (Draadkar oor die see) Beste album van die jaar (mans) Chris Chameleon (Ek herhaal jou), Kurt Darren (Vat my, maak my joune), Richard van der Westhui- zen (Songs uit my binnesak) Beste album van die jaar (vroue) Amanda Strydom (’n Rugsak vol robyne), Juanita du Plessis (Bly my my), Lize Beekman (Draadkar oor die see) Beste liedjieskrywer Anton Goosen (Patat), Gerhard en Danie Steyn (Boodskap in ’n bottel), Jak de Priester (Brooklyn poet) Beste vroue-solokunstenaar Amanda Strydom, Juanita du Plessis, Lize Beekman Groep-album van die jaar DNA strings (Nomad), Navi Redd (Voices), Shine 4 (Perfekte wêreld) Beste instrumentele musiekalbum CH2 (Gut), DNA Strings (Nomad), Eclips (Lengte)
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|