Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Sweet Charity’ begin dié week in Breytie
Die musiekteater-departement van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) sluit sy bedrywighede vanjaar af met die musiekspel Sweet charity. Dié Pretoria-speelvak begin Woensdagaand in die Breytenbach-teater in Sunny-side. In April vanjaar het TUT-musiekteater Celebration! aangebied as ’n viering van sy bestaan van twee dekades, en Sweet charity is nog een op die lys van hoogs suksesvolle Broadway-musiekspele wat onder Johann Swart se leiding deur die studente aangebied is – ander op die lys is Into the woods, How to succeed in business without really trying, The boyfriend, The fantasticks en Pippin. Sweet Charity is vanjaar presies 40 jaar gelede vir die eerste keer opgevoer – in Januarie 1966 in die Palace Theater, waarna dit 608 opvoerings gehad het. Dit was die rolprentweergawe so drie jaar later wat aan die wêreld bekend is – met Shirley MacLeane as Charity Hope Valentine, en ander bekendes soos Chita Rivera, Paula Kelly, Sammy Davis jnr. en Ben Vereen. Soos met die verhoogproduksie, was Bob Fosse ook die film se regisseur en choreograaf. Cy Coleman het die musiek gekomponeer en Dorothy Fields die lirieke, na Neil Simon se verhaal-aanpassing. Dit is oorkoepelend gegrond op die befaamde Italiaanse rolprentregisseur se draaiboek vir Nights of Cabiria. Die musiekspel is aanmekaar geryg deur treffer-melodieë wat selfs afsonderlik deur sangers in hul vertonings opgeneem is – die bekendste Big spender en If my friends could see me now. Swart is die ontwerper-regisseur, as voortsetting van sy werk in feitlik elke produksie van dié departement die afgelope 20 jaar. Alle opvoerings begin om 19:30, en die enigste matinée, Sondag 15 Oktober, om 15:00. Die speelvak eindig op 21 Oktober. Kaartjies kos deur die bank R55 by die Breytie-loket (van 18:45) en R57 by Computicket of Teletix by 011 340 8000. Navrae: 012 382 6018.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|