Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Om jou passie te ontdek
Heelwat mense is dit eens dat een van die belangrikste aspekte van die lewe daaroor gaan om jou passie te ontdek. Meer nog gaan meeste mense se soeke daaroor om ’n werk te vind wat hierdie passie sal weerspieël. Picasso het destyds opgemerk dat jou werk ’n toevoeging moet wees tot wie jy is. “Jy is jou werk,” was sy mening. Ongelukkig is dit nie altyd so maklik om daardie ideale werk te vind nie, hoe voor die handliggend dit ook al by ’n latere terugblik mag lyk. In my vroeë twintigs het ek en meeste van my vriende maklik in een jaar meer as vier verskillende beroepe probeer. Iets wat ek nie sal aanbeveel nie, maar by gebrek aan die nodige inligting en leiding het ons maar ons pad probeer vind deur moontlike belangstellings op die proef te stel. Wat ek wel hieruit geleer het, is dat jy jouself baie goed moet ken om daardie ideale werkspassing te vind – dis dan eers dat die gras nie meer groener lyk aan die ander kant van die draad nie, want jy weet dat dit wat jy doen, deel is van iets groters. Diegene wat egter nog voel of hulle in die duister rond tas, hoef nie te bevrees nie – almal moes iewers begin en die grootste troos in my deurmekaar jare was dat as Brad Pitt sy debuut moes maak deur soos ’n hoender aan te trek vir ’n restaurant, enigiets moontlik is. Om die las van jou skouers te lig fokus hierdie uitgawe van StylPlus daarop om die mites rondom droomberoepe op te klaar en gee jou ook raad hoe om daardie beroepskuif te doen waaroor jy dalk al lank in jou agterkop tob. Ons rus jou ook toe met idees oor hoe om jouself beter te leer ken en sodoende ’n tree nader te gee aan dit wat jou werklik sal vervul. Tot die volgende StylPlus wat op 31 Oktober verskyn, Mariska
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|