Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Groot Marico vier eersdaags fees
Die skrywer Herman Charles Bosman is die kern van ’n naweek lange fees wat eersdaags in die Groot Marico gehou word. Dié dorpie in Noordwes, sowat 84 km van Rustenburg, trek van 20 tot 22 Oktober sy feesklere aan. Die fees begin op Vrydag 20 Oktober met ’n opvoering van A touch of madness waarin die akteur David Butler die rol van Bosman vertolk. Dit begin om 20:00 en kaartjies kos R50. Die Saterdag word Bosman’s women opgevoer – ’n werk deur Monique Rutter en Barbie Meyer. Dit is ook vroeër vanjaar tydens die Nasionale Kunstefees in Grahamstad opgevoer. Die befaamde akteur Patrick Mynhardt, reeds sinoniem met Bosman en Oom Schalk Lourens, kom die Saterdagaand aan die beurt met Oom Schalk by moonlight. Dit sal in die buitelug aangebied word. Mynhardt sal ook die Sondag-oggend van sy gunsteling Bosman-stories vertel. Ander aktiwiteite sluit in Bosman in Afrikaans deur Andries Lategan, A year in the Marico deur Tim Sandham en Angus Douglas, ’n boekbekendstelling, ’n lesing oor die lewe en werk van Bosman deur prof. Craig McKenzie, ’n dokumentêre fliek oor Bosman se lewe asook ’n mampoer-proe. Kaartjies moet vooraf deur die inligtingskantoor bespreek word. Bel vir Santa by 014 503 0085 of 083 272 2958. E-pos kan gestuur word aan info@marico.co.za.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|