Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Enigma verbreek sy droogte
Oct 11 2006 07:46:05:850AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Met meer as vyftig no. 1-treffers en liedjies wat op meer as ’n duisend versamelalbums ingesluit is, is Enigma se sukses onoortreflik.

Michael Crétu, die skepper van die Enigma-musiek, het as ’t ware ’n nuwe musiekgenre geskep toe hy sowat sestien jaar gelede met Sadness Part 1 gedebuteer het.

Sedertdien was daar splinterstukke (spin offs) soos die Gregorian-reeks, waarvan Masters of chant veral ’n topverkoper was.

Crétu het aanvanklik ’n brug gebou tussen katedraalklanke, atmosferiese dansmusiek, dreunsang en eietydse pop. Sy musiek het duidelik ’n groot invloed gehad op musikante soos Robert Miles, ATB en Delerium, om net ’n paar uit te sonder.

Die afgelope vyf jaar was ’n soort droogte vir die Enigma-projek met min wat die tydloosheid van liedjies soos The return to innocence kon waarborg.

The screen behind the mirror (2000) was veral ’n laagtepunt, hoewel Crétu ’n opflikkering beleef het met 2003 se Voyageur.

Die sesde album in die Enigma-reeks, A posteriori (Latyn vir ‘wat hierna volg’), het einde laas maand die lig gesien en bied weer hoop op Enigma se voortbestaan.

Crétu het gesê hy wil homself nie herhaal nie; iets wat ’n mens voel hy wel op die vorige twee albums gedoen het. A posteriori is propvol wisselende gemoedstemmings met ’n ruimte-era-klank wat minder spreek van voorspelbaarheid as sy voorgangers.

In vele opsigte is A posteriori ’n album wat in Enigma-aanhangers se smaak sal val – mense wat hou van dromerige agtergrondmusiek. ’n Mens gaan sit nie met groot erns en dissekteer Crétu se musiek of lirieke nie. Die lirieke vir Invisible love is bloot net “Rescue me, rescue me, my love; Rescue me, rescue me, my invisible love”. Dus: ’n album waar die musiek harder praat as die woorde.

A posteriori behou gelukkig sy bekoring veel langer as Crétu se albums van die afgelope vyf jaar. Daarom is dit ’n veilige én waardige popalbum vir meer as net getroue aanhangers.

kburger@beeld.com


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |