Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Ouma’ Carike en Ghoempie laat kinders glimlag op DVD
Gedink Carike Keuzenkamp brei nou net sokkies vir haar kleinkinders? Moenie glo nie. Deesdae, sê sy, is sy besiger as ooit. “Sedert ek destyds Kraaines aangebied het, was ek nie meer so betrokke by kinderliedjies nie, maar vandat ek kleinkinders het, hou die kindergoed my voltyds besig,” sê sy. Twee nuwe uitreikings van haar het onlangs die lig gesien. Carike en Ghoempie in Kinderland 3 op DVD en Carike in Kinderland 4 op CD is albei onlangs uitgereik en volgens alle aanduidings gaan dit volg in die voetspore van die vorige Kinderland-suksesse wat almal óf goue óf platinumstatus bereik het. Keuzenkamp vier volgende jaar 40 suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Volgens haar is Ghoempie wat saam met haar op die DVD optree ’n “heerlike karaktertjie”. Sy en Ghoempie het hope interaksie met mekaar en tussen-in speel die musiekvideo’s. “Die Kinderland-reeks is veral geskik vir voorskoolse kinders. Deel van my motivering om hierby betrokke te raak was my kleinkinders wat nou onderskeidelik 19 maande en 5 en ’n half jaar oud is,” sê Keuzenkamp. “Hulle geniet dit baie.” Die CD en DVD leer kinders ook speel-speel van die wêreld om hulle. Old MacDonald leer byvoorbeeld dieregeluide en die tandarts vertel van skoon tande. Die DVD is vervaardig vir Sony BMG deur Linda Korsten, dogter van die wyle sanger Gé Korsten, terwyl Boet Pretorius verantwoordelik was vir die musiekproduksie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|