Om Kilimandjaro te klim, sê die 1485 Radio Today-aanbieder David Batzofin, het sy uitkyk op die lewe verander.
Gedink Carike Keuzenkamp brei nou net sokkies vir haar kleinkinders? Moenie glo nie. Deesdae, sê sy, is sy besiger as ooit.
Met meer as vyftig no. 1-treffers en liedjies wat op meer as ’n duisend versamelalbums ingesluit is, is Enigma se sukses onoortreflik.
Die skrywer Herman Charles Bosman is die kern van ’n naweek lange fees wat eersdaags in die Groot Marico gehou word.
’n Mens hoef nie te kan sing om ’n CD op te neem en uit te reik nie. Dít het die musiekbedryf al oor en oor bewys.
Mira Sorvino sal saam met Joaquin Phoenix en Mark Ruffalo te sien wees in die gesinstragedie Reservation road, wat die volgende fliek is van vervaardiger Terry George na Hotel Rwanda in 2004.
Die musiekteater-departement van die Tshwane Universiteit vir Tegnologie (TUT) sluit sy bedrywighede vanjaar af met die musiekspel Sweet charity. Dié Pretoria-speelvak begin Woensdagaand in die Breytenbach-teater in Sunny-side.
’n Fees van Spaanse rolprente begin vandag by Cinema Nouveau in die Brooklyn Mall in Pretoria.
Die derde Latyns-Amerikaanse en Karibiese rolprentfees begin vandag by Cinema Nouveau in die Rosebank Mall in Johannesburg.
Pa Richard (Greg Kinnear) is ’n motiverende skrywer en dryf sy gesin teen die mure uit met oneindige, ongevraagde lewenslesse.
’n Mens gaan kyk nie na The devil wears Prada vir die aangrypende storie nie; dié is maar standaard en o, so voorspelbaar.
|
Die Sontongas - Marc Uys (viool), Waldo Alexander (viool), Xandi van Dijk (altviool) en Edward McLean (tjello) - is môreaand saam met die pianis Malcolm Nay in die Atrium by Wits, en ook Woensdag tydens die etensuur. Lees die berig. Foto: VERSKAF
|
Vandag is Dinsdag 24 Oktober, die 297ste dag van 2006. Vanjaar het nog 68 dae.
VERJAARDAE
Tilana Hanekom,
Afrikaanse aktrise
(1921 - 2002)
Sofia Gubaidulina,
Russiese komponis (1931 - )
David Nelson,
Amerikaanse akteur (1936 - )
Bill Wyman,
Britse tromspeler van
The Rolling Stones (1936 - )
Jerry Edmonton,
Kanadese tromspeler van
die groep Steppenwolf (1946 - )
Roman Abramowitsj,
Russiese oliemagnaat en
eienaar van Chelsea (1966 - )
Dervla Kirwan,
Ierse aktrise (1971 - )
Petar Stoychev,
Bulgaarse swemmer (1976 - )
GEBEURE
1901: Anna Edson Taylor (43), is die eerste mens wat in 'n balie oor die Niagra-waterval stort en leef.
1961: New York: Sterk internasionale protes by die VN aangeteken teen die Sowjet-kerntoets.
1971: Q Carl Ruggles (95), Amerikaanse komponis.
1976: Die skietstilstand in Libanon bedreig deur gevegte in die suide tussen Israeliese Christene teenoor Palestynse en Libanese Moslems.
1986: Londen: Nezar Hindawi gevonnis tot 45 jaar tronkstraf, die langste nóg deur 'n Britse hof, vir sy poging om 'n El Al-vlug op die Heathrow-lughawe op te blaas. (Ná die uitspraak verbreek Brittanje diplomatieke bande met Sirië, wat glo Hindawi gehelp het.)
1996: Talibanse vegvliegtuie bombardeer dorpe noord van Kaboel in reaksie op aanvalle deur regeringstroepe: 20 mense sterf.
2001: Q Wolf R?diger Hess (64), Duitse neo-Nazi; en twee vragmotors bots in 'n tonnel deur die Alpe: tien mense sterf.
2005: Q Rosa Parks (92), Amerikaanse menseregte-aktivis.
GEDAGTE VIR DIE DAG
Ek is 'n Hollywood-skrywer: Ek trek my sportbaadjie aan en skakel my brein af. Ben Hecht
|
Marcia Cross van Desperate housewives-faam se komende bondeltjie vreugde is toe twee bondeltjies.
Heelwat mense is dit eens dat een van die belangrikste aspekte van die lewe daaroor gaan om jou passie te ontdek.
Daar word met spanning in die Afrikaanse musiekbedryf gewag op 30 Oktober – dié dag waarop Vonk se 2006 Oskar Musiektoekennings toegeken word vir albums wat in 2005 uitgereik is.
Fokofpolisiekar se indrukwekkende jongste album, Swanesang, wys hoe ver die vyf manne uit Bellville al musikaal gekom het sedert hul 2003-debuut, As jy met vuur speel sal jy brand.
’n Mens is maar bra versigtig wanneer daar deesdae na ’n riller (of enige ander fliek) as “spitsvondig” verwys word.
The devil wears Prada is gegrond op die gelyknamige trefferboek van Lauren Weisberger, wat onder Anna Wintour, Vogue se gevreesde redakteur, gesweet het. Hoewel Weisberger enige feitelikheid ontken, is dit moeilik om nie te wonder waar die werklikheid ophou en fiksie begin nie, skryf Mariska van Rooyen.
|