Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Kinders sal met nuwe oë leer kyk
Apr 29 2008 04:19:41:670PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Skopsuil, die kleinste van Suider-Afrika se elf uilsoorte. Birdlife SA fokus vanjaar tydens sy Nasionale Voëlweek op uile.Foto: Neels Jackson
Neels Jackson


Vir talle skoolkinders van Mamelodi gaan Nasionale Voëlweek waarskynlik vanjaar ’n heel nuwe blik op die voëls van hul omgewing inhou.

Christa van Schalkwyk van die JNF Walter Sisulu-omgewingsentrum in Mamelodi sê tien skole sal ’n spesiale twee uur lange program oor voëls bywoon.

Hulle sal die kinders bekend stel aan voëls, onder meer deur hulle na voëlgeluide te laat luister. Daar sal ook ’n spesiale program wees oor die voël van die jaar, die gevlekte ooruil. Daarvoor gaan sy ’n opgestopte uil by die dieretuin kry.

Birdlife SA het besluit dat daar vanjaar op uile gefokus word, veral op die gevlekte ooruil wat die uilsoort is wat hom die beste by stedelike omgewings aangepas het.

Een van die probleme wat dié voëls ervaar, is dat mense hulle weens allerlei bygelowe verjaag en selfs doodmaak.

Daarby besef mense dikwels nie dat uile van hul beste bondgenote kan word in die stryd om muis- en rotplae te bestry nie.

Birdlife wil vanjaar se Nasionale Voëlweek (5 tot 11 Mei) juis gebruik om gemeenskappe oor sulke kwessies op te voed.

Christa sê hulle sal ook aan die kinders goed soos T-hemde uitdeel wat deur Birdlife verskaf word.

  • njackson@beeld.com


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |