Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Vriende-reël geld nie
Apr 29 2008 04:19:18:797PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Helena Hettema en haar ma, Joan, kuier gereeld om die kombuistafel.Foto: Alet Pretorius
Sylvia van Zyl


’n Gedugte span. Beste vriendinne. Sielsgenote.

Só som die die bekende kabaretsangeres en liedjieskrywer Helena Hettema haar verhouding met haar ma, Joan, op.

“Ons bly al sewe jaar lank saam. Ons lewenspaadjies is ná baie jare weer ineengeweef deur die loop van omstandighede,” vertel Helena.

Dié vurige ma en dogter is reguit met mekaar en vlieg mekaar soms in die hare. Tog is hulle mekaar se grootste ondersteuners.

“Ek is in 2001 deur ’n moeilike egskeiding en my ma het toevallig in dié tyd teruggetrek Pretoria toe nadat sy vir ’n paar jaar in die Kaap gewoon het. Dit het net sin gemaak om saam te woon.”

Joan, wat op haar dag ’n gesoute joernalis was, hanteer vandag al Helena se administratiewe werk.

“Ek is haar grootste kritikus, maar ook haar grootste fan. Daardie mother cat-i nstink skop baie vinnig in as iemand anders iets slegs oor Helena te sê het. Ek moet myself partykeer in toom hou,” spot sy.

Sy vertel dat Helena deel van ’n tweeling was, maar dat haar sussie ná geboorte net 12 uur geleef het.

“Van daardie dag af is ek baie beskermend teenoor Helena. Ek het vir die eerste jaar van haar lewe uurliks deur die nag opgestaan net om te kyk of sy nog asemhaal.

“In ’n mate is sy vir my soos twee mense. Sy is ’n verwesenliking van daardie hele proses.”

Helena, wat nooit kinders van haar eie gehad het nie, vertel dat sy ongeveer vyf jaar gelede aktief by die Bramley-kinderhuis betrokke geraak het.

“Daar het my paadjie met dié van Ionie Jantjies gekruis. Sy was toe 15 jaar oud en dit het my die geleentheid gegee om tog ook in ’n mate ’n moederfiguur vir iemand te wees. Dit is nie altyd vanselfsprekend dat jou ma vir jou ’n ma gaan wees nie. Ons band is dalk nie biologies nie, maar ek is ’n mentor vir haar en help graag waar ek kan.”

Joan en Helena sê hulle gaan op Moedersdag net rustig ’n ontbyt of middagete geniet.

“Elke dag van die jaar bou op na Moedersdag. Jou ma moet altyd weet dat sy ’n geliefde persoon in jou lewe is. Ek het iewers gelees dat jou ma nie jou beste vriendin moet wees nie, maar ons breek in daardie opsig definitief die reëls,” sê Helena.

“Dit is ’n groot voorreg om my ma so naby my te hê. Ek is mees?tal weg met vertonings iewers of by my kêrel, maar dit is altyd lekker om ná ’n tawwe dag of week terug te kom na Ma se huis toe. ’n Plek waar jy aanvaar word net soos jy is en die liefde sommer kan aanvoel as jy by die deur instap.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |