Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Toe, stukkende paaie frustreer
Inwoners van Hennops?park in Centurion se bloed kook oor padherstelprobleme. Dit is die situasie omdat opknappingswerk deur die Tshwane-metroraad aan laagwaterbr?e en een van die toevoerroetes na die sentrale sakekern reeds ses maande sloer. Volgens inwoners is daar aanvanklik net ’n paar dae lank op die terrein gewerk, maar sedertdien is die paaie deurgaans gesluit, terwyl die werk stilstaan. Twee laagwaterbr?e is opgekap en Witstinkhoutlaan is gesluit. Frik Prinsloo, een van die inwoners in die area, sê dit is onaanvaarbaar. “Inwoners se huise het al twee jaar terug oorstroom as gevolg van baie reën. “Waarom word die br?e en stormwaterpype nou eers opgeknap? Daar word tans geen werk verrig nie en die paaie bly gesluit.” Frik sê inwoners moet nou alternatiewe roetes gebruik om by die werk te kom. “Die situasie is totaal onaanvaarbaar. Daar is elke oggend ’n verkeersopeenhoping. Dit help ook nie jy vra vrae nie. ’n Klomp pogings van my kant af het niks opgelewer nie. Die raadslid, Maretha Aucamp, kom nie terug na my toe nie.” ’n Ander inwoner, Rudi Botha, sê verskeie pogings van sy kant af om te hoor waarom die werk nou sloer, het ook nie veel opgelewer nie. “Aucamp het vir my gesê die werk is tydelik gestop weens die reën. Waarom word die projek dan in die reënseisoen aangepak? Sy het belowe om in Januarie al terugvoering te gee. “Ek het nog niks gehoor nie. “Die hoofsweep van die DA, Natasha Michael, het onderneem om die aangeleentheid op te volg en sou reël dat iemand my bel oor die jongste nuus. “Ek het ook niks van haar gehoor nie”. Rudi sê inwoners ry daagliks in ’n lang stoet om hul werksplekke en die snelweë te bereik. “Ons wil nie onredelik wees nie, maar ons soek antwoorde. “Waarom vermy die raadslede ons?”. Tshwane-Beeld het ’n hele paar pogings aangewend om kommentaar by Aucamp te kry, maar sy kon nie bereik word nie. Michael het op haar beurt beloof om navraag te doen en te sorg dat iemand Tshwane-Beeld kontak met die nodige kommentaar. Daar was egter geen terugvoering nie. Die metroraad het teen druktyd ook nie op medianavrae gereageer nie.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|