Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Akteur lugtig vir ma oor ‘Bakgat!’
Apr 29 2008 04:19:13:173PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Betsie en Neil Sharim. Dié ma en seun glo daarin om mekaar te ondersteun in alles wat hulle aanpak.Foto: Herman Verwey
Sylvia van Zyl


“Ek was bang dat sy my mond met seep gaan uitwas.”

Die mond aan die woord is Neil Sharim wat die rol van Japie in die nuwe vuilbektienerfliek Bakgat! vertolk.

“ ’n Mens sal maar altyd jou ma se goedkeuring wil hê, maak nie saak wat jy al in jou lewe bereik het nie.”

Neil sê dat die groot sukses wat die fliek bereik het, niks sou beteken sonder sy ma se ondersteuning nie.

Sy ma, Betsie, vertel op haar beurt dat Neil maar lekker skrikkerig was om haar reaksie te sien toe sy vir die eerste keer na die fliek gaan kyk het.

“Ek het gelukkig voor die tyd ’n idee gehad waaroor die fliek gaan, so ek was darem nie te geskok nie.

“Ek is net bly dat my kind stadig maar seker besig is om sukses te bereik in sy loopbaan en dat hy gelukkig is.

“Hy wou al van kleins af drama gaan swot het en sy onderwysers het altyd gesê hy is ’n regte klein actor,” lag sy.

Neil se twee oumas het nog nie na die fliek gaan kyk nie.

“My Engelse ouma sal dit dalk nog geniet, maar die Afrikaanse een is hopeloos te konserwatief,” lag hy.

“Sy sal my onterf as sy dit moet sien.”

Met Moedersdag om die draai, het Neil besluit om sy ma soos die spesiaalste vrou op die planeet te laat voel.

“Sy verdien om ’n bietjie getreat te word ná al haar ondersteuning die laaste paar maande.”

Betsie sê haar kinders sal altyd baie moeite doen as dit by Moedersdag kom.

“Hulle laat my altyd so spesiaal voel. My kinders is die beste geskenk wat ek nog ooit gekry het. Die feit dat ek so trots op hulle kan wees, is net ’n bonus.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |