Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Liefde en omgee al wat tel, sê aktrise
Apr 29 2008 04:19:11:733PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Anna-Mart van der Merwe saam met Luan Swanepoel. Foto: Theana Calitz
Sylvia van Zyl


“Ek het onbevoeg gevoel. Wat weet ék nou van Downsindroom af?

“Niemand in my lewe word daardeur geraak nie, maar wonder bo wonder het ek die mas opgekom. En dit is vir my ’n groot eer om al die afgelope tien jaar die beskermvrou van die Tshwane-Downsindroomvereniging te wees,” het die aktrise Anna-Mart van der Merwe verlede week vertel.

Sy het die Vroue Landbou-unie (VLU) in Magalieskruin toegespreek nadat sy as hul kunstenaar van die jaar aangewys is.

“Dis verenigings soos dié wat ons as ’n samelewing bymekaar hou. Dit vorm ’n fyn ruggraat wat ons herinner aan ons morele waardes. Dit laat ’n land tiek.”

Die VLU het verlede week ’n kuieroggend ten bate van die Downsindroomvereniging gehou.

“Die vereniging het my nog in my Sonkring-dae genooi na ’n samekoms wat hulle gehou het. Daarna het hulle my gevra om hul beskermvrou te wees. Ek het soveel geleer by hierdie mense. Die ouers van Downsindroomkindertjies het presies dieselfde wense en drome vir hul kinders as ons. Hierdie mense het vir my soos familie geword.”

Anna-Mart vertel dat haar ma ook lid van ’n VLU was.

“Met my sussie se geboorte het my ma die wens uitgespreek dat sy ook ’n goeie VLU-lid sal wees. Seker met my geboorte ook, maar my paadjie was anders uitgelê,” het sy gespot.

“Maar met geleenthede soos dié voel ek dat ek darem in ’n mate my ma se wense laat waar word.

“Om gereeld in aanraking te kom met mense wat nooit dieselfde geleenthede in die lewe as ek sal hê nie, hou my voete plat op die aarde. Ek pak my lewe aan sonder enige pretensie.

“Ek het nie 21 jaar gelede gedink ek sal soveel mooi dinge op my pad kry nie. Nou is ek gelukkig en dankbaar vir elke klein dingetjie.

“Liefde en omgee is tog op die einde van die dag al wat regtig tel.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |