Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Shabangu kan Hercules só help
Al die planne is gemaak, bou net vir ons ’n nuwe polisiekantoor. Dís die pleidooi wat die gemeenskap van Hercules onlangs aan Susan Shabangu, adjunkminister van veiligheid en sekuriteit, gerig het. Op dieselfde dag as wat Shabangu haar omstrede opmerking gemaak het dat die polisie moet “skiet om dood te skiet”, het lede van dié gemeenskap ook ’n petisie aan haar oorhandig waarin hul kopsere in die omgewing uiteengesit word. Piet Fourie, DA-wyksraadslid, het gesê Shabangu het ’n imbizo gereël om met die mense te praat. “Ons het die kans gehad dat sy na ons probleme wou luister,” het Fourie gesê, “toe besluit ons om haar iets in die hand te gee wat sy kan saamvat.” Volgens Fourie het honderde inwoners van Hercules die tienpunt-petisie onderteken. Hulle vra onder meer: Volgens Fourie is die groot krisis in Hercules die polisiekantoor. Dié kantoor is tans in ’n huis geleë wat in ’n polisiekantoor omskep is. Die huis word al die afgelope 40 jaar gehuur, maar verlede jaar is die huur só opgestoot dat die polisie dit nie kan bekostig nie. Volgens Fourie is dit net ’n kwessie van tyd voordat die polisie uit dié gebou gesit sal word. “Daar is beskikbare grond in Suiderberg,” het Fourie gesê. “Waar die huidige polisiekantoor tans sowat 2 000 m2 is, is die beskikbare grond 5 000 m2. Dit is ook meer sentraal in die Hercules-wyk en naby die toegangsroetes. “Alles is daar, bou net die polisiekantoor,” het hy gesê. Insp. André Smith van die Hercules-polisiekantoor het gesê hulle wag vir ’n nuwe polisiekantoor, want daar is nie genoeg spasie vir almal in die huidige kantoor nie. “Die gemeenskap soek ’n polisiekantoor wat meer toeganklik en prakties is,” het Fourie gesê. Volgens hom sal hy aanhou om druk te plaas op Shabangu totdat hulle die nodige reaksie kry. Hy meen die misdaad in Hercules is nie te erg nie, maar elke misdaad is een te veel. Dit is waarom hulle daarop aandring dat die gras gesny moet word, daar beligting moet wees en dat die Mabopane-snelweg afgesper moet word. “Dit is alles deel van die groter oplossing. Die misdadigers raak net soveel makliker weg in die lang gras. “Anders stap hulle net teen die wal af, klim in ’n taxi en teen 120 km/h is hulle weg. Dit is sekondes dan sien ’n mens hulle nie meer nie. Hulle moenie tussen die snelweg en die woongebied kan beweeg nie.” Noxolo Kweza, Shabangu se woordvoerder, het teen druktyd nie kommentaar gelewer of hulle al aan die petisie aandag gegee het nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|