Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Hy’s verwonderd oor Van Wouw
Apr 29 2008 04:19:08:877PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Daniel Mosako by die kunswerke van die bekende Mexikaanse kuns-tenaar Leticia Vieyra wat vroeër vandeesmaand by die Van Wouw-museum in Brooklyn te sien was.Foto: Alet Pretorius
Sharlene Sharim


Sy geesdrif bevestig sy liefde en waardering vir kuns.

Dit rym dus dat Daniel Mosako, ondanks die uiteenlopende rits posbeskrywings op sy CV, homself eerstens as ’n kunstenaar sien.

Sedert die begin van die jaar het dié oud-kunslektor, grafiese ontwerper en leerplanontwikkelaar ’n nuwe werk: kurator van kulturele aangeleenthede by Tuks se Van Wouw-museum in Brooklyn.

As kunstenaar is dit vir hom ’n voorreg om in aanraking te kom met die werke van iemand soos Anton van Wouw.

Hy verklap dat hy hom verwonder aan Van Wouw se kundigheid, veral die manier waarop hy dit reggekry het om mense se emosies in soveel fyn detail vas te vang.

“Hy het baie aandag aan die oë gegee. Dis asof die kunswerk as’t ware ’n gesprek met die kyker voer,” vertel hy.

“Ek wil hê Van Wouw moet wêreldwyd aan mense bekend wees.

“Suid-Afrikaners moet ook meer van sy erfenis bewus gemaak word.”

Daniel hoop om sy kennis van tegnologie in te span om dít te bewerkstellig – hy beplan om blogs en kletskamers te gebruik.

Hy is ’n geleerde man en hy glo die feit dat hy tans verder studeer en besig is om ’n boek oor Van Wouw – met die museumversameling as primêre verwysingsbron – te skryf, sal hom in sy nuwe pos anker en aanmoedig.

Dít – en sy verwondering oor die “vader” van bronsbeeldhouwerke in Suid-Afrika – bied hom genoeg inspirasie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |