Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Pretoria herleef dalk
Pretoria, die oudste rugbyklub in die Jakarandastad, kan glo danksy die finansiële ingryping van ’n konsortium plaaslike sakemanne van ondergang gered word. Hoewel Mike Erasmus, Pretoria se voorsitter, nie hieroor kommentaar wou lewer nie, het Tshwane-Beeld van ’n ander betroubare bron verneem dat ’n finansiële inspuiting van R3 miljoen oor die volgende drie seisoene ter sprake is. Pretoria sukkel dié seisoen kwaai – dít in sy 120ste bestaansjaar – en is ná sy eerste drie wedstryde laaste op die puntelys van die Carltonbeker-reeks. Hulle het groot nederlae teen TUT, Silver Valke en Naka Bulle gely. In die wedstryd teen TUT, wat op Loftus Versfeld plaasgevind het, het Pretoria meer as ’n honderd punte afgestaan. Tshwane-Beeld se bron sê die onmiddellike mikpunt is daarom om deur daadwerklike ingryping te keer dat Pretoria sy Carltonliga?-status aan die einde van die seisoen verloor. Hy wou nie sê wat “daadwerklike optrede” impliseer nie, maar dit kan beteken dat Pretoria ten eerste ’n groter kern van gehalte-spelers sal moet kry as hy net in die Carltonliga wil saamgesels. Van die ander opwindende planne vir die “Red Pretoria”-veldtog is glo: Volgens Tshwane-Beeld se bron is dit ’n harde werklikheid dat die “doodsklok vir die tradisionele oop klub gelui het. “Die bedryf van klubrugby soos ons dit almal geken het, het onder meer weens al hoe minder geldelike skenkings van die unies en stadsrade, asook die afname in spelers wat die spel as outomatiese eerste keuse het, ’n feitllik verlore saak geword. Uiteindelik sal die oop klubs soos ons dit nou ken niks meer as ’n tuiste vir geleentheidspelers word nie. Dit sal sosiale rugby aanbied. “Kyk byvoorbeeld na die huidige toedrag van sake in die Carltonliga en die mate waarin dié klubs wat aan die semi-professionele omgewing buite Pretoria blootgestel is, dit oorheers.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|