Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Bernardi-familie waardeer drie generasies lank ougoed
May 06 2008 10:38:50:247AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Michael Bernardi bekyk ander se ougoed. Foto: Leon Botha
Leon Botha

Net by ’n plek soos Melrose Huis in Pretoria sal jy dit kry: ’n verband tussen ’n geroesde hooivurk, ’n ou verkyker wat lyk of dit deel van Rommel se aanslag kon gewees het en ’n rooi Coca-Cola-yskas.

En al dié affêres was nog te koop ook. Einde laas week was dit weer een van daardie groot tweedehandse-of-ougoed-transaksiedae by die antiek- en handwerkmark wat by die Melrose Huis-museum gehou is.

Heel gepas was een van die stad se antiek-families ook daar: die Bernardi’s. Dié bekende afslaers het vir ’n geringe donasie – wat aan Melrose Huis geskenk is – marksnuffelaars se antiekware gewaardeer.

“Bernardi’s Afslaers is 70 jaar gelede as Volks-afslaers hier in Pretoria deur my pa, Tullio, en oupa gestig. My oupa is oorspronklik van die dorpie Biella in die noorde van Italië en het in 1932 na Suid-Afrika geïmmigreer,” vertel Michael Bernardi, die derde generasie wat deel is van dié familie-onderneming.

Michael meen mense moet mooi oplet na erfgoed, want daar iewers kan ’n antieke stuk wees wat ’n verskil aan jou banksaldo kan maak.

“Kyk byvoorbeeld na skilderye. Mense weet nie wat teen hul mure hang nie. Maar wanneer dit by koop kom, moet mense kunsstukke koop waarvan hulle hou, want hulle gaan die res van hul lewens daarin vaskyk. Koop met die hart en nie met die kop nie.”

Versamelstukke is ook nie noodwendig oud nie. Sodra daar openbare belangstelling in ’n artikel is, kan jy maar praat van ’n versamelstuk.

“Die prys van ’n antieke artikel hang ook baie af van die oorspronklikheid daarvan. Dink aan ou meubels: In die ou dae is meubels met diervet afgerond. As jy nou daardie bankie se riempies laat vervang en die restoureerder wil dit sommer oorvernis, is die waarde daarmee heen. Die oorspronklike toestand is 50% van die waarde.

“Beskikbaarheid en die skepper van ’n artikel is ook belangrik. Goeie kunsstukke sal jaar ná jaar in waarde styg, waar ’n gemiddelde werk ’n prysplato sal bereik. Gesogde Suid-Afrikaanse artikels is tipies ou Kaapse meubels uit die 1700’s. Ook ’n bietjie later soos die trekmeubels en die ou Transvaalse meubels.

“Maar oorspronklikheid tel baie. Kyk ’n mens na Anton van Wouw se Thokozile-gietsel, is dié wat hy self gegiet het vandag sowat R250 000 werd. Ná sy dood is daar nog gegiet, waarvan die geraamde waarde slegs R30 000 is.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |