Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Taylor wys haar staal in China
May 06 2008 10:38:48:650AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Cherise Taylor van MTN was die groot uitblinker in die SA vroue-fietsryspan wat aan China se Chonming-toer deelgeneem het.
Wilhelm de Swardt

Cherise Taylor het gedink sy is gekies om in China vir Suid-Afrika te gaan fietsry, maar sy is sommer gou deur ’n paar klappe ontnugter.

Gelukkig kos dit meer as net ’n paar klappe, stampe en stote om dié 18-jarige van Meyerspark te ontsenu.

Taylor het die laaste skof van die onlangse Chonming se vyfdaagse eiland-toer gewen.

Sy het ook tweede en derde plekke in skofte losgetrap, boonop die toer se puntekompetisie gewen en sy was algeheel sewende.

Met dié vertoning het Taylor beslis haar kanse aansienlik verstewig om Suid-Afrika op die Olimpiese Spele in Beijing te verteenwoordig.

Taylor sê dit was ’n vreemde ervaring om in China fiets te ry.

“Die Chinese jaers is vir seker die mees aggressiewe jaers teen wie ek nog deelgeneem het.

“Ek het sommer gou geleer as jy nie bereid is om daar handgemeen te raak nie, sal jy nooit wen nie. Ek dink die Chinese vroue-jaers se testosteroon-vlakke moet baie hoog wees.”

Taylor vertel dat sy ná die eerste skof in die algehele derde plek was.

“Ek was nogal regtig opgewonde. Ek het geglo ek kan die toer wen, maar in die tweede skof leer ek toe waaroor fietsry in China gaan.

“Al 37 Chinese jaers wat aan die toer deelgeneem het, het teen ons saamgespan.

“Ek was besig om net rustig fiets te ry toe voel ek ’n pyn oor my blaaie. Dit was een van die Chinese jaers wat haar plathand ingelê het om my te probeer ontsenu.

“Die res van die skof was een groot gestamp en gerukkery. Die Chinese jaers het ons heeltemal versper sodat ons nie kon weg-breek nie.

“Dit het vir my gelyk asof hulle selfs in een van ons sal vasry en val om te verhinder dat ons wen.”

In die derde skof was Taylor in ’n baie gunstige posisie om te wen.

“Ek het ingehaak by die Chinese se leadout. Ek was tweede van voor toe ek weer ’n plathand oor my rug voel.

“Een van die jaers het ook haar arm uitgesteek gehad om my aan my trui terug te pluk.

“Gelukkig het Lynnette Burger, my spanmaat, gesien wat gaan gebeur. Sy het toe die Chinese jaer teruggepluk voordat sy my iets kon aandoen.

“Ná die voorlaaste skof was ek een bol senuwees. Ek was die voorloper in die puntekompetisie, maar ek het net ’n voorsprong van een punt gehad.

“Dit het beteken dat ons nie kon bekostig dat die Chinese jaer in die tweede plek ’n enkele punt in die twee snelpremies wen nie.

“Ek is regtig baie dank aan my spanmaats verskuldig, veral Lynnette wat alles uitgehaal het om te verseker ek wen die kompetisie.”

Die lewe van ’n beroepsfietsryer is nie altyd maklik nie. Taylor het verlede Woensdag van China teruggekom en het Sondag al weer in Durban gejaag. Sy het tweede in dié wedren geëindig.

Die naweek neem sy aan die Suid-Afrikaanse padbyeenkoms in Oos-Londen deel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |