Sorg só vir die aarde én jou gesin
Om eko-vriendelik te wees is lankal reeds mode skryf Liezel Joubert.
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Eers ná 20 jaar op rak
May 06 2008 10:38:47:073AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Prof. Alex Duffey by sy boek oor die beeldhouer Anton van Wouw. Foto: Theana Calitz
Sylvia van Zyl

’n Boek wat net so ’n rapsie meer as ’n jaar geneem het om geskryf te word, het langer as twee dekades geneem om uiteindelik gepubliseer te word.

Prof. Alex Duffey, kurator van die Erfenisversameling van die Universiteit van Pretoria, het een van die omvattendste boeke oor die kunstenaar Anton van Wouw al in 1988 gereed gehad vir publikasie.

Ongelukkig kon sy uitgewers nie besluit of hulle die boek in swart-en-wit of kleur wou uitgee nie. Prof. Alex moes die boek ook eers van Afrikaans na Engels vertaal.

“Dit het my so ’n bietjie meer as ’n jaar gevat om die boek te skryf, maar nou, presies 20 jaar later, sien hy eers die lig. Dit was baie frustrerend, maar ek is in ekstase dat hy darem uiteindelik gepubliseer is.”

Prof. Alex word gereken as ’n kenner as dit kom by Van Wouw se kunswerke. Sy boek bevat foto’s van beeldhouwerke deur dié merkwaardige kunstenaar wat nog nooit voorheen gesien is nie.

“Van Wouw was een van die belangrikste pionierbeeldhouers in Suid-Afrika. Hy het wonderlike uitbeeldings van al die verskillende kultuurgroepe in ons land gemaak.

“Hy het ’n aanvoeling vir karakteruitbeelding gehad – min beeldhouers het daardie vermoë.”

Die boek bevat ook interessante feite, soos dat Van Wouw die kop van Paul Kruger op die Krugermunte gegiet het.

“Die feit dat Van Wouw se vrou ná sy dood al sy persoonlike dokumente verbrand het, het die navorsing nogal moeilik gemaak. Dit het noukeurige speurwerk gekos, maar ek het elke oomblik daarvan geniet. Ek het na ou foto’s gekyk en só leidrade gekry.”

Hy vertel dat die boek tot ’n mate ’n akademiese een is, maar tog ook ’n koffietafelboek wat almal kan geniet.

“Mense sê vir my as hulle moeg gelees is, kyk hulle maar na die foto’s,” lag hy.

Prof. Alex meen daar sal nie in die volgende 20 jaar weer so ’n volledige boek oor Van Wouw die lig sien nie. Die boek is beskikbaar by die Van Wouw-museum in Brooklyn en by Protea Boekhuis in Hatfield.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |