Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Lappe Laubscher: Oupa en die Hollandse God
May 06 2008 10:38:45:510AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Sekere dinge uit jou kinderdae bly jou by.

Ek dink elke mens verskil seker maar oor wat dit is. In my geval is dit Sondagmiddae se etes by my oupa en ouma Roux in die Strand.

Oupa het een van daardie tafels in die eetkamer gehad waar ’n mens blaaie kon inpak – hoe meer mense kom eet het, hoe meer blaaie is ingeskuif en so het die tafel al hoe langer geword. Vir die onverwagse gaste kon daar altyd plek gemaak word.

Teen die mure het sulke groot portrette in houtrame met goue randjies gehang. Iemand het my eendag vertel wie dit almal was, maar die name het my ongelukkig nie bygebly nie.

Ek vermoed maar dit was die voorgeslag wat so van die mure af ’n oog oor ons gehou het. Ek dink die een portret was nog van ’n man wat vir Oupa geld geleen het om sy plaas te kon koop. Dit was wat my vertel is – dink ek.

Wat ek wel onthou, is dat dit nie saak gemaak het waar jy aan tafel sit nie, die mense in die portrette se oë het altyd vir jou bly kyk.

Dit was egter nie die oë teen die mure wat my Sondae se etes by Oupa en Ouma laat onthou nie. Dit was Oupa se gebed.

Oupa het in Hollands gebid.

Ek het eendag vir Oupa gevra hoekom hy dan in Hollands bid. Sy antwoord bly my vandag nog by: “Magtig, my kind, God is dan ’n Hollander!”

Ek het weer aan Oupa gedink toe die Afrikaanse kerke se gebrek aan ’n gesamentlike Afrikaanse taalfees in 2008 my opgeval het. Vanjaar is dit 90 jaar gelede dat ’n sinode (in 1918) besluit het dat predikante maar Afrikaans van die preekstoel kon praat.

Vir die daaropvolgende 15 jaar het daar in die kerk so ietwat van ’n teenstrydigheid bestaan: God het uit die Bybel Hollands met die kerkgangers gepraat en die dominee het in Afrikaans God se boodskap aan dieselfde mense verduidelik.

Toe die Bybel in 1933 in Afrikaans verskyn het, het dit nie oral byval gevind nie. Baie kerkgangers het gemeen dat om God se Woord in Afrikaans te lees, neerkom op minagting.

Want God was dan mos ’n Hollander.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |