Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Annerien wen Spar in PE
Annerien van Schalkwyk van die Irene-padhardloopklub in Centurion het eergister die Port Elizabeth-wedloop van die Spar-wedloopreeks vir vroue gewen. Van Schalkwyk se wentyd in ideale hardloopweer was 35 min 52 s. Sowat 7 000 vroue het aan die wedloop deelgeneem. Dit is die eerste keer dat Van Schalkwyk ’n wedloop in dié reeks wen. Van Schalkwyk het van die begin af voor gehardloop en die eerste 3 km in sowat 10 minute afgelê. “Ek het voor die wedloop besluit ek wíl wen. “Ek was honger vir ’n oorwinning en was goed gefokus op wat ek moes doen,” het sy gesê. “Ek het so lekker gehardloop dat ek nie eens my bene gevoel het nie,” het die 29-jarige atleet gesê. Sy sê die oorwinning gee haar nuwe selfvertroue om René Kalmer in die oorblywende wedlope in die reeks die stryd aan te sê. Kalmer was nie in die Baai nie omdat sy aan die Afrika-byeenkoms in Ethiopië deelgeneem het. “René (Kalmer) is in ’n klas van haar eie, maar ek glo nou ek kan haar klop,” het Van Schalkwyk gesê. Cathrine Nkosi (Transnet) het die Noordwes-Universiteit se Ezbé Strydom met ’n skrale 4 s om die tweede plek geklop. Die volgende wedloop in die Spar-reeks is op 22 Junie in Durban.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|