Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Revue bars vanjaar uit sy nate
Bravissimo! Só, in die oortreffende trap van hul tema, speel sowat 500 leerlinge van die Hoërskool Centurion hul harte uit in die revue van die skool se halfeeufeesjaar. Centurion se revue het ’n tweejaarlikse instelling geword waarop die skool geweldig trots is. Nie net oor die massadeelname van sy leerlinge nie, maar ook oor die hoë standaard wat oor die jare gestel is. Mariana van Heerden, kultuurhoof van die skool onder wie se vleuels die revue sy reputasie opgebou het, sê hulle het vanjaar 52 liedjies in hul produksie. Dit wissel van Afrikaanse musiek soos David Kramer se “Stoksielalleen’“, Koos Kombuis se “Gypsy in jou oë” en Johannes Kerorrel se “Hillbrow” tot by Mexikaanse danse; van musiek uit die musicals tot by hip-hop, jazz en rock ’n roll – om nie die Strauss-walse te vergeet nie. Daarby het hulle vanjaar met hul rekwisiete, dekor en beligting meer gedoen as ooit tevore. Pinto Ferreira, dansonderwyser van die skool wat aan die hoof staan van die dansafrigting en choreografie, sê hulle wys niemand weg nie en probeer elke deelnemer help om tot sy reg te kom. Vir hom is die beste kenmerk van die revue die kinders se entoe?siasme. Dis vir hom lekker dat die kinders dit meer geniet as wat hulle daaroor stres. Die revue word vanjaar nege keer opgevoer – van 14 tot 24 Mei in die skoolsaal. Die verhoog is spesiaal uitgebou vir die produksie.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|