Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Nesskroppers kraai koning op skou
As jou familienaam Australorp, Brahma, Venda, Minorca of dalk Potchefstroom-koekoek is, was jy hopelik verlede naweek in ’n klein draadhokkie met ’n bietjie strooi. Sowat 650 kraaiers en nesskroppers het stertvere en kamme gaan vergelyk by die Tshwane Events Centre (Pretoriase skouterrein) tydens ’n skou deur die Pretoria-pluimveeklub. “Wanneer ons die hoenders beoordeel, kyk ons byvoorbeeld na die bou en kleur van die bene,” verduidelik ds. Hennie Horn, voorsitter van die klub. “Ons kyk ook na die gewig van die hoender en die kam. Vanjaar se hoenders is almal eenjarig.” “Die agterste toon is ’n bietjie lank,” sê ’n beoordelaar en hy draai die hoender dinges oor kop. Soos ’n skaap by die slagter maak die hoender nie ’n geluid nie. Iewers hoor ’n mens wel ’n kalkoen protesteer – ander geveerdes is ook deel van die dag. “Ek boer al 26 jaar met hoenders,” vertel Pieter van Vreden van Pretoria-Noord. “Jy weet, ryk ouens geniet resiesperde. Hierdie hoenders is vir die meer armes. Jy kan reeds in jou eerste jaar sien wat uitgebroei het; die perde is langsamer. Ek het vyf soorte hoenders op my erf – so 40 in totaal. My buurman het al gekla oor die kraaiery, maar ons het dit uitgesort. “Wanneer ek my hoenders oopmaak en hulle loop op die grasperk rond, is dit so goed as om by die see te ontspan. My hoenders kry ’n gebalanseerde dieet, nie net mieliepitte nie.” Pieter keer as ’n mens vra of hy die eiers eet: “Nee, dis te duur. My gemiddelde hoender kos so R250 tot R300.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|