Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


'Nee, Lief, los daai sjokolade'
Apr 22 2008 01:15:46:160PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marlene en Renier Blignaut van Boksburg vertel meer oor hul sport en lewenstyl. Foto: Herman Scholtz
Lauren Thys

“Dissipline, dissipline, dissipline. Dit gaan alles oor dissipline.”

Dís Renier Blignaut (31), liggaamsbouer van formaat, se geheim vir sukses. Hy het onlangs die Millennium Goue Plaat-kompetisie gewen.

Renier, van Boksburg, beoefen dié sport al sewe jaar lank in alle erns en hy beskou sy toegewyde lewenstyl as onontbeerlik vir welslae. ’n Streng dieet, vasgestelde aantal ure elke dag in die gimnasium en beperkings op ’n sosiale lewe is kenmerke van sy en sy vrou, Marlene, se lewe.

“Voor ’n kompetisie sal ek vir 16 weke nie my vriende sien nie, nie eens vir ’n braai nie,” vertel hy.

Hy beskou ook die regte eetplan as noodsaaklik in sy sport. Hy – en die ondersteunende Marlene – volg die dieet wat sy afrigter, Danny Dreyer, vir hom uitgewerk het, getrou.

“Dit vat nogal lank om saans kos te maak,” lag Marlene, ’n grafiese ontwerper in die lugvaartbedryf. Elke porsie moet eers geweeg word om die regte voedingsinhoud te verseker.

“Voor ’n kompetisie eet ek omtrent 3 kg tuna en 1 kg volstruisvleis per week. Ek eet ook 300 g steak elke dag,” sê Renier.

Dié tegnikus spot dat hy nie ’n kosblik werk toe neem nie. “Ek neem ’n cooler bag, want ek eet elke twee ure,” sê hy.

Marlene blyk die streng een te wees wat toesien dat hy gedissiplineerd bly.

“Ons eet glad nie vette, suiker of suiwel nie. Lamsvleis is byvoorbeeld heeltemal uit, omdat dit te veel vet in die spierweefsel het.”

Renier se soettand word bevredig deur Canderel in sy koffie, of wanneer hy dit regkry om ’n sjokoladestafie verby Marlene se wakende oog te kry. “ ’n Canderel-chocolate, natuurlik,” keer hy vinnig.

Dit is dus te verstane dat dit ’n duur sport is: Hulle bestee sowat R1 500 aan kos per week.

Met sy 106 kg, effens minder as verlede jaar se 135 kg, sukkel hy om klere te kry wat reg pas. “Die mousgate van ’n XXXL-hemp is nie groot genoeg nie. Omdat ek breë skouers het, trek die hemde op.”

Sy grootte maak ook dat mense hom aanstaar in openbare plekke. “Almal wil altyd teen hom armdruk of hê dat hy iets swaar moet optel en dan is ek altyd die kwaai een wat keer dat hy dit doen,” vertel Marlene. Hulle wil geen kanse waag dat hy hom beseer nie.

Hoewel mense hom altyd “merk” by kuierplekke as ’n moontlike moeilikheidmaker, is hy ’n baie rustige mens. “Mense dink hy’s aggressief, maar hy’s kalm. Eintlik ’n puppy,” glimlag Marlene.

Renier se raad aan kinders wat in sy voetspore wil volg, is om altyd hul drome te volg. “Alle drome word waar.” Hy waarsku ook teen die gebruik van steroïede. “Dis ’n groot probleem in dié sport. Hulle weet nie wat dit aan mense doen nie,” waarsku hy.

Hy wil graag aanhou met liggaamsbou “vir solank dit moontlik is”. En as ’n mens sy absolute toewyding sien, is dit duidelik dat sukses Renier se voorland is.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |