Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Benoni se eie dr. Dolittle
Die oomblik as ’n mens voor Louise Thompson se huis op haar kleinhoewe net buite Benoni stilhou, weet jy – hier bly ’n diereliefhebber. Die skril geluide van love birds meng met die sagter gekoer van duiwe. Iewers in die agtergrond hoor ’n mens hoenders kekkel, ’n perd se sagte runnik en, sowaar, ’n bok wat ver weg blêr. Die vraende geblaf van ’n nuuskierige hond kom saam met Louise uit die huis soos sy nader stap om te groet. Louise is in Brittanje gebore, maar bly al sedert 1971 in Suid-Afrika. Sy is ’n geakkrediteerde dieregedragskonsultant en professionele honde-afrigter met meer as 30 jaar se praktiese ervaring met ’n verskeidenheid diere. Haar kennis en ervaring maak van haar ’n gesogte spreker wat landwyd praatjies lewer oor dieregedrag, afrigting en troeteldiersorg. Sy is ook ’n gereelde gas op radiostasies soos Cape Talk Radio en Talk Radio 702 waar sy luisteraars raad gee met hul diereprobleme. Louise vertel dat sy van kleins af haarself met diere omring het. “Ek beskou dit as ’n roeping, ’n deel van wie ek is. Ek klink dalk soos ’n priester of so iets, maar my liefde vir diere het my gekies, nie andersom nie,” vertel sy met ’n glimlag. Louise was ook vir baie jare betrokke by sogenaamde “animal assisted human therapy” waar diere gebruik word met die behandeling van mense met ernstige beserings. Deesdae adviseer Louise steeds organisasies wat sulke terapie aanbied, maar sy spits haarself toe op haar eie hondeklasse en programme by haar gedrags- en leersentrum, Paws Abilities. “Gedurende die week bied ek private konsultasies aan vir mense met probleemhonde. Ek analiseer die hond se agtergrond en werk ’n program uit vir die eienaar en hond om te volg. Dit is baie intensief, maar dit gee my baie bevrediging as ’n hond se gedrag só verander dat beide die eienaar en die hond ’n beter lewenskwaliteit kan geniet.” Op Saterdae bied Louise honde-afrigtingklasse aan. Sy sê sy glo glad nie aan straf of ’n dominerende benadering deur die eienaar nie. Haar benadering is sag – eienaars moet leer om met hul honde te kommunikeer op ’n vlak wat die hond verstaan. “Alle diere se gedrag is gebaseer op hul natuurlike instinkte. Daar is nie vir hulle ’n ‘regte’ of ‘verkeerde’ gedrag nie, net ’n ‘natuurlike’ gedrag. Problematiese gedrag ontstaan wanneer eienaars wil hê honde moet inpas by die menslike manier van doen,” verduidelik Louise. “Die grootste fout wat mense met hul honde maak, is om on?realistiese verwagtinge te hê. Diere moet sekere gedrag aanleer en daar moet wedersydse respek onstaan tussen eienaar en hond. Onthou, mense en diere leef in dieselfde spasie, maar in verskillende wêrelde.” Volgens Louise sal sy voel dat sy iets bereik het as sy selfs net een persoon se gedrag teenoor honde kan verander. “As ek een persoon se mishandelende gedrag kan verander in ’n begrip vir sy hond, het ek ’n ongelooflike ding reggekry. Ek wil ook mense bewus maak van die waarde van opvoeding – vir sowel mens as hond.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|