Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Alles oor uile en ander
voëls dié naweek by skou
Onthou, hierdie naweek is dit die jaarlikse Sasol-voël-en-voëlskykskou by die Johannesburgse dieretuin. Die uitstalling en bewusmakingsveldtog word Saterdag en Sondag gehou en dien as voorloper vir die nasionale voëlweek, wat deur die departement van omgewingsake en toerisme ondersteun word. Die voëlweek word van Maandag tot Vrydag landwyd aangebied. Die uitstalling by die dieretuin is nie net ’n luierige uitstappie in die laatherfssonnetjie nie. Saterdag en Sondag word ’n rits interessante lesings en kursusse aangebied wat belangstellendes kan bywoon om hul kennis van voëls en hul omgewing op te knap en uit te brei – alles gratis. Besoekers sal selfs kan sien hoe om ’n uilbroeikas te bou. Vir die onhandiges sal daar uilkaste te koop wees. As jy op soek is na ’n verkyker of teleskoop is dit nou jou kans, want byna al die verspreiders sal op een plek bymekaar wees. En as jy jou nuutgevonde voëlkennis en nuwe verkyker êrens wil gaan uittoets, kan jy sommer ook meer uitvind oor “voëlvriendelike” bestemmings. Die fokus is vanjaar op uile en hul voordele, onder meer as uitstekende rot- en muisjagters. Praatjies wat mites en ou bygelowe nekomdraai word aangebied, terwyl inligting beskikbaar gestel word oor byvoorbeeld die slagting van uile op die land se paaie omdat eenvoudige reëls nie nagekom word nie. As boere byvoorbeeld sou sorg dat vragmotors wat graan en mielies vervoer nie “lek” nie, sal dit minder rotte en muise na die paaie lok. Dié lok op hul beurt die uile. Dis wanneer hulle op die paaie sit om hul prooi te verorber, dat uile raakgery word. ) Die volledige program van die naweek is beskikbaar op www.birdlife.org.za (kliek op die Events-skakel onder die inhoud), maar mense kan ook vir Sadie Wolheim bel by 0 079 502 8379. Birdlife se hoofkantoornommer in Randburg is 0 011 789 1122.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|