Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Polisie kan gratis in
‘gym’ oefen
Die Bedfordview-polisie en Virgin Active Bedfordview het kragte saamgesnoer om motordiefstal in die gimnasium se parkeerterrein nek-om te draai. Polisie-offisiere is gratis gimnasiumsessies aangebied om polisiëring by die gimnasium te versterk. Volgens Nonhlanhla Makhoba, kommunikasiebeampte van die Bedfordview-polisiekantoor, is sporadiese motordiefstal hier reeds ’n paar jaar lank ’n probleem. Hulle vermoed dat ’n sindikaat agter die diefstalle sit. “Sodra veiligheidsmaatreëls in plek gesit word, neem die diefstal af en verdwyn dit selfs, net om ’n paar maande later weer kop uit te steek,” sê Nonhlanhla. Nico Campher, bestuurder van Virgin Active in dié buurt, sê hulle fokus deurentyd op veiligheid vir hul kliënte. “Dit is jammer dat motordiefstalle hier plaasvind. Ons het al van sekuriteitsfirmas verander en op 1 April weer ’n nuwe maatskappy aangestel.” Nico erken egter dat twee motors op die dag wat dié maatskappy oorgeneem het, gesteel is. “Ons probeer altyd ons bes om veiligheid te verseker en het ook geslotebaantelevisiekameras in die parkeerterrein aangebring. Die polisie het ’n mobiele polisiestalletjie hier opgerig, waarvandaan patrollies gedoen word,” het hy gesê. Die gimnasium gaan ook hul in- en uitgange opgradeer sodat ’n mens net van een kant af kan in- en uitgaan, om veiligheid te verbeter. Hoewel dit lyk of luukse motors geteiken word, is goedkoper motors ook al gesteel. “Daar is al verskillende motors, van Audies, Volkswagen Golfs tot Hondas en selfs ’n Porche 911 hier gesteel,” sê Nico. Volgens hom word die motors se sleutels nie uit die gimasium se sluitkassies gesteel nie. “Hoewel dit ’n paar jaar gelede wel gebeur het, word motors nou klaarblyklik sonder sleutels gesteel.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|