Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Bestuurder erken hy steel duisende
’n Takbestuurder van ’n bekende meubelwinkel in Germiston aan die Oos-Rand is verlede Saterdag by dié winkel gearresteer nadat hy glo sedert Februarie meer as R140 000 daar gesteel het. Die man is omstreeks 08:45 by die winkel in Victoriastraat deur die polisie in hegtenis geneem nadat hy erken het hy het die geld gevat. Volgens kapt. Steady Nawa, polisiewoordvoerder, het die takbestuurder van Boksburg teenoor die areabestuurder van die winkel erken hy het die geld gevat omdat hy glo finansiële probleme ondervind het. “Die man het sedert Februarie R3 000 op ’n keer gevat. Hy het Dinsdag vir die laaste keer R3 000 uit die kluis gevat voordat hy Saterdag gearresteer is,” het Nawa gesê. Die 43-jarige pa van twee het glo oor ’n tydperk van drie maande op 47 geleenthede altesame R141 000 gebuit. Sy hoofkantoor het glo onraad gemerk toe hulle op ’n tekort op dié winkel se bankrekening afgekom het. Hulle het die areabestuurder laat weet, wat Vrydag ondersoek ingestel het. Die man het aanvanklik die diefstal ontken. Hy sal vandag in die Germistonse landdroshof verskyn. – André Damons
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|