Altyd met 'n glimlag
"Natalie is doodmoeg van al die opwinding en 'n lang vlug."
Kyk na video
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Oos-Randse Jeugkoor hou hul hoë noot vol
May 06 2008 01:26:57:763PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Oos-Randse jeugkoor neem op 30 en 31 Mei deel aan die jaarlikse Collegium Musicum-koorfees vir hoër- en laerskole wat in Kempton Park aangebied word.

Die Oos-Randse Jeugkoor het gedurende November en Desember verlede jaar aan die internasionale Advent- en Kersmusiekfees en -kompetisie vir kore in Praag deelgeneem en die afdeling vir groot kore gewen. Dié afdeling het bestaan uit 69 kore uit 25 lande.

Hulle het ook ’n spesiale toekenning ontvang vir die beste koorklank. Ná die kompetisie het hulle saam met ander Europese kore konserte in Duitsland en Nederland aangebied. Die Jeugkoor bestaan vanjaar uit 73 koorlede van oor die hele Oos-Rand, Heidelberg en Wes-Rand en het onlangs ’n baie suksesvolle Paasprogram voltooi.

Die koor neem op 30 en 31 Mei deel aan die Collegium Musicum-koorfees vir hoër- en laerskole in die Kempton Parkse burgersentrum. Hulle gaan ook deel wees van die nasionale jeugkoorfees op 26 Julie wanneer jeugkore van oor die hele land saamtrek.

Die koor het opdrag gegee dat die bekende komponis Hester van der Westhuizen ’n loflied komponeer wat in Augustus saam met ’n simfoniese ensemble in die Voortrekker?- monu?ment uitgevoer sal word.

Rig navrae oor die koor aan Maralie Theron by 083 226 1886.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |