Altyd met 'n glimlag
"Natalie is doodmoeg van al die opwinding en 'n lang vlug."
Kyk na video
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Roeiers doop al 100 jaar hul spane hier
May 06 2008 01:26:56:403PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Of jy nou lus is om rustig oor die water te vaar, 'n Olimpiese-watersportatleet wil word, of sommer net na die mooi sonsondergange wil kyk, die Victoria Lake Roeiklub in Germiston, sal iets vir jou bied. Foto: Verskaf
Riëtte Grobler

Die rustige klank van roeispane in die water, ’n streep elegante bootjies wat oor die oppervlak gly terwyl die son sak, en ’n gesonde leefstyl.

Dít is wat die Victoria Lake- klub in Germiston aan watersportentoesiaste bied.

Volgens Ross Robson word daar al vir meer as 100 jaar op die Germistonmeer geroei. Die roeiklub is in 1906 gestig.

Seilvaart, roei en kanovaart is die klub se drie watersportafdelings. Daar word klasse en kompetisies by die klub aangebied.

“Die klub het die voordeel dat daar van die stoepe, twee kroeë en restaurant ’n wonderlike uitsig op die water is. Mense bring aande hier deur om na die wonderlike sonsondergang te kyk.”

Die klub lok roeiers van alle ouderdomme en het ongeveer 350 senior en 500 junior lede.

Volgens Ross neem die gewildheid van watersport onder skoolkinders toe en sluit al hoe meer kinders by die klub aan.

“Skoolkompetisies vir roei en seilvaart lok gewoonlik baie toeskouers.”

Hy praat ook trots oor die Olimpiese atlete wat die klub al opgelewer het. “Sedert Suid-Afrika in 1992 terug in die Olimpiese familie verwelkom is, neem watersportatlete van ons klub aan dié prestige-geleentheid deel.”

Lede van die klub neem ook jaarliks aan die wêreldkampioenskap vir watersport deel.

Enigiemand kan by die klub aansluit. Beginners sal geleidelik moet fikser word.

“Watersport skep gewis ’n gesonde leefstyl. Dit is fantasties om te sien hoe kanovaarders in die aand oefen en meeding en hoe roeiers voor sonsopkoms reeds op die water is.”

Indien jy in watersport belang stel, of selfs net die natuurskoon by die klub wil ervaar, is jy volgens Ross welkom om die klub te besoek en met lede te gesels. Die klub is in Lakestraat, Germiston. Besoek hul webwerf vir meer inligting: http://www.sailrsa.org.za/Clubs/Detail/VLC.htm of bel hulle by 011 873 9300.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |