Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Skuts neem stelling in vir SA kampioenskap
Die Airgun Fanatix-klub van Benoni het onlangs sy laaste provinsiale veldteikenskietkompetisie vir die jaar gehou. By dié kompetisies kry windbuksskuts die geleentheid om hul posisie op die rangorde te bepaal vir die nasionale kampioenskap wat op 17 en 18 Mei vanjaar gehou word. “Daar is 12 provinsiale geleenthede per jaar waartydens skuts meeding. Die top-30 in die land word uitgenooi na die nasionale kampioenskap. Veertien lede van ons klub neem vanjaar deel,” verduidelik Deon du Toit, voorsitter van die Airgun Fanatix-klub. Deon is oortuig daarvan dat daar vanjaar meer skuts sal wees. “Nege ekstra deelnemers is na vanjaar se kampioenskap genooi. Daar word dus sowat 40 skuts verwag.” Dié kompetisie word by Wattle Creek in Badfontein gehou. Die agt beste skuts, ongeag hul ouderdom of geslag, sal nasionale kleure verwerf. Die Airgun Fanatix-klub, die enigste veldteikenskietklub aan die Oos-Rand, het in sy bestaan van net meer as twee jaar al tien nasionale skuts opgelewer. Daar is vyf ander klubs in Gauteng asook verskeie klubs in die res van die land. Elkeen van hulle bied soortgelyke provinsiale kompetisies aan, ten einde hul plekke op die nasionale rangorde te bepaal. Afgesien van die feit dat dit ’n gewilde tydverdryf is om met windbukse te skiet, glo Deon dat te min mense nog van dié georganiseerde vorm van die sport weet. “Dié sportsoort kry byna geen publisiteit nie,” sê hy. Hy benadruk ook die gesinselement van die sport: Hulle het kinders so jonk as 12 jaar oud wat skiet en die oudste lid is 55. By hul klub neem die lede deel in vyf verskillende afdelings: o.13, juniors, seniors, veterane en vroue. Mense wat meer inligting wil hê of by die klub wil aansluit, kan Deon bel by 082 566 9530.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|