Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kom koop op dié plaas
Flora Farm-kwekery op die hoek van Noordrand- en Trichardtweg is lank nie meer net ’n plantplek nie. Al die spesialiteitswinkels in die Flora Farm-kompleks is noukeurig uitgesoek om die besoeker se inkopie-ervaring ’n plesier te maak en te verryk. Die kunsgalery verkoop werke van tien plaaslike skilders. Daar is ’n holistiese salon wat allerlei masserings aanbied, ’n bruidsboetiek, partytjiewinkel, bloemiste en juwelier. David Viljoen, die bekende tuinboukundige wat Tossels en tuine op kykNET aanbied, se hoofkantoor is ook by Flora Farm. Hier bied hy deurentyd kursusse in tuinuitleg en plantekennis aan en gee ook lesings oor plante, ontwerp en huisopknappings. Die beste raad, kwaliteit en idees vir jou tuin is hier onder een dak beskikbaar, en die diens is puik. Flora Farm is beslis ’n hoogtepunt van ’n besoek aan Boksburg. ’n Mens kan maklik sommer ’n hele dag hier deurbring.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|