Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Dit was bloed, sweet en trane
Die beste netbalwedstryd van die dag was die stryd tussen die Hoërskool Dr. EG Jansen en die Hoërskool Waterkloof in die eindstryd van die NuPower Tuks-reeks. Maklik was dit nie. EG Jansen het alle afdelings van die spel oorheers en het van die begin af voorgeloop met ’n rustydtelling van 13-10. Maar in die tweede helfte het die twee spanne gelyk getrek met 21 punte elk. ’n Bykomende drie minute per kant is toegelaat vir ’n valbylpot en aan die einde daarvan moes daar ongelukkig ’n verloorder wees. Die eindtelling was 28-24 in die guns van Waterkloof. Die uitslae van die ander netbalspanne was: o.17: 1. Dr. EG Jansen (14); 2. Waterkloof (12) o.16: 1. Waterkloof (25); HTS Middelburg (19) o.15: 1. HTS Middelburg (26); 2. Waterkloof (23) o.14: 1. Waterkloof (17); 2. Pietersburg (16) Die skole wat onder die topses in die NuPower Tuks-netbalreeks geëindig het, is: 1. Waterkloof; 2. HTS Middelburg; 3. Marais Viljoen; 4. Monument; 5. Dr. EG Jansen; ?6. Pietersburg.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|