Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Randhart laat bene bewe
May 06 2008 01:26:50:857PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die Laerskool Randhart van Alberton se o.9-rugbyspan het vanjaar derde geëindig in die Super12-rugbytoernooi. Die skool se rugbyspanne het 'n algehele tweede plek in die toernooi verower.

Die Laerskool Randhart is vanjaar weer aan die voorpunt van skolesport in Alberton en omgewing.

Die jaar het afgeskop met ’n sege oor die ander plaaslike laerskole tydens die interlaeratletiekbyeenkoms.

Dit was die derde agtereenvolgende jaar dat die Laerskool Randhart as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Ook tydens die groepwedstryde van die Super12-rugby en -netbal het Randhart, wat die gashere van dié naweek was, gewys wie’s baas.

Tydens die naweek van 18 en 19 April het die laerskole Kruinsig, Pietersburg-Oos en Randhart mekaar die stryd aangesê, met Randhart wat as wenner uit die stryd getree het.

Die rugby- en netbalstryd is op Donderdag 24 April op Tukkies se velde voortgesit.

Die 12 topskole het mekaar in die grootskole-afdeling van die Super12-kompetisie aangevat om te bepaal wie dan nou eintlik die beste is.

Die Laerskool Randhart is tans die enigste Goue Leeus-skool wat in hierdie afdeling deelneem, terwyl die ander vier Goue Leeus-laerskole in die mediumskole-afdeling meeding.

Tydens hierdie strawwe kompetisie het Randhart se rugbyspanne algeheel tweede en die skool algeheel derde geëindig.

Die laerskole Wierdapark en Rustenburg het hulle naelskraap geklop.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |